Weg! Platteland

Koop jou aalwyne hier

-

GAUTENG WITKOPPEN WILDFLOWER NURSERY, JOHANNESBU­RG

Witkoppen is een van Suid-afrika se oudste kwekerye, en volgens die eienaar, Malcolm Hepplewhit­e, ook die heel oudste een wat slegs plante verbou en verkoop wat inheems is aan Suider-afrika. “Ons hou ’n groot verskeiden­heid aalwyne aan en ons personeel het ’n puik kennis van en liefde vir inheemse plante. Ons glo die omgewing moet baat vind by tuinmaak.”

Die kwekery bied op 29-30 Julie hulle jaarlikse Groot Aalwynnawe­ek aan wanneer die meeste aalwyne blom en ’n groot verskeiden­heid te koop is. Waar? Valleyweg 363, North Riding.

Kontak witkoppenw­ildflower.co.za 011 516 0262

NOORDWES THE ALOE FARM, HARTBEESPO­ORT

Andy de Wet, die eienaar, het as botaniestu­dent versot geraak op aalwyne en kweek sedert 1973 dié en ander inheemse plante. “Ons ‘bostuin’, wat bestaan uit verskeie aalwynspes­ies en ander inheemse plantsoort­e, is geskep om vir mense ’n idee te gee hoe aalwyne in hulle natuurlike habitat lyk,” sê hy. “Die aalwyntuin­e rondom die kwekery, wat bestaan uit verskeie groot beddings van gemengde en groepering­s aalwynhibr­iede, wys wat jy met aalwyne in die tuin kan doen. Honderde plante blom regdeur die winter én die res van die jaar. Dit is ’n veilige plek waar voël- liefhebber­s foto’s kan kom neem. Hier is veral baie suikerbekk­ies.” Waar? Op die R104 (ou Rustenburg­pad), Hartbeespo­ort. Kontak thealoefar­m.co.za 081 874 7471

WES-KAAP ROOIKLIP, SWELLENDAM

In die skoutuin en toeristese­ntrum by Jaap Viljoen en sy seun Hannes se kwekery op Swellendam kan jy jou verkyk aan 150 verskillen­de erfenisspe­sies en meer as 200 hibriede kultivars, waaronder hulle eie rooiklip-boomaalwyn ( Aloe ‘Rex’). Hulle besit ook Rooiklip, ’n aanlynwink­el wat landwyd versend (sien bl. 85). Waar? Voortrekke­rstraat 171, Swellendam.

Kontak rooiklip.co.za 076 991 2123 of 082 900 5455

KOKERBOOM-KWEKERY, VANRHYNSDO­RP

Op ’n kleinhoewe digby die Knersvlakt­e word al meer as 50 jaar inheemse vetplantso­orte van die Groot- en Klein-karoo, die Knersvlakt­e en Hantam, die Boesmanlan­d en Hardeveld, die Richtersve­ld en Namibië vermeerder, verkoop en bewaar. Christine Visser-wiese bestuur dié kwekery wat in 1964 deur haar skoonpa, wyle Buys Wiese, begin is en steeds slegs inheemse plante verkoop. Die vetplante en kokerbome word hoofsaakli­k van saad gekweek. Waar? Voortrekke­rstraat 74, Vanrhynsdo­rp.

Kontak kokerboom.co.za 027 219 1062

 ??  ??
 ??  ?? Witkoppen
Witkoppen
 ??  ?? Aloe ferox
Aloe ferox
 ??  ?? Hannes Viljoen en sy pa, Jaap.
Hannes Viljoen en sy pa, Jaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa