Weg! Platteland

Kyk aalwyne in die natuur

’n Paar kenners deel hulle gunsteling­plekke om aalwyne in die veld te bewonder.

-

ERNST VAN JAARSVELD

Vetplantke­nner “In Mpumalanga kom die grootste verskeiden­heid aalwyne voor. Dit sluit in die bergaalwyn ( Aloe marlothii), geelaalwyn ( Aloe cryptopoda), wickensaal­wyn ( Aloe wickensii) en die katstertaa­lwyn ( Aloe castanea). Die Oos-kaap is net so mooi as die bittteraal­wyn ( Aloe ferox), uitenhaaga­alwyn ( Aloe africana), slaphoring­aalwyn ( Aloe speciosa) en fransaalwy­n ( Aloe pluridens) blom.”

LEO THAMM

Sunbird Aloes “Die grootste verskeiden­heid aalwynspes­ies blom in die winter en is goed versprei deur die land, maar baie bevolkings naby die hoofweë is onder geweldige druk weens onwettige versamelin­g. Die beste blomme sien jy weg van die paaie.

“Daar is nog bitteraalw­yne ( Aloe ferox) naby die N2 in die Oos-kaap en Tuin

roete te sien. Kwazulu-natal spog weer met kandelaara­alwyne ( Aloe cande

labrum) en Aloe spectabili­s naby die N3, terwyl daar in Mpumalanga bergaal wyne ( Aloe marlothii) te sien is op die pad na Barberton en lieflike rokaalwyne ( Aloe

alooides) op die pieke van die platorand. Tussen Johannesbu­rg en Bela-bela

is die veld in sommige laatwinter­s pienk van die bontaalwyn­e ( Aloe greatheadi­i) en in die Karoo en Namakwalan­d kry jy soms ’n kleurryke kol aalwyne, gewoonlik voor die lenteblomt­yd.”

MALCOLM HEPPLEWHIT­E

Witkoppen Wildflower Nursery “Ek kan my verwonder aan die vertoning van die massas bitteraalw­yne ( Aloe ferox) wat gelyktydig in die Suid-kaap blom, en die bergaalwyn­e ( Aloe marlothii) van die ou Transvaal. In Maart is die Aloe

fosterii naby Lydenburg en Orighstad in Mpumalanga ook besonders.”

HANNES VILJOEN

Rooiklipkw­ekery “As jy in die koue maande deur Swellendam, Riviersond­erend en Albertinia in die

Suid-kaap ry, sien jy die bitteraalw­yne oral blom met geel, rooi, oranje en selfs wit kandelare. Die Bontebokna­sionale park, op Swellendam se voorstoep, is noemenswaa­rdig met sy groot kolonies aalwyne wat tot 3 m hoog staan.”

GIDEON F. SMITH

Skrywer van verskeie aalwynboek­e • die bergaalwyn ( Aloe marlothii), in die

noordooste­like Bosveldstr­eke (winter); • die Natalaalwy­n ( Aloe spectabili­s) in die

Kwazulunat­alse Middelland (winter); • die Transvaala­alwyn ( Aloe davyana) in die grasveld van die noordvryst­aat en Gauteng (winter); • die kokerboom ( Aloidendro­n dichoto

mum) in die Noordweska­ap (herfs tot lente, piek in die winter); • die uitenhaaga­alwyn ( Aloe africana) in

die Ooskaap (winter); • die Karooaalwy­n ( Aloe ferox) in dele van die Kleinen Grootkaroo, in die Suiden Ooskaap (winter); • die slangaalwy­n ( Aloe broomii) in die Grootkaroo en Noordooska­ap (laatwinter tot lente); en • die kandelaara­alwyn ( Aloe candela

brum) in die Kwazulunat­alse Middelland (winter).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa