Weg! Platteland

Die lang pad na witlof

Die driefase-kweekprose­s van die witlof wat jy vandag op die winkelrakk­e raakloop, het rofweg 18 maande gelede begin toe ’n wispelturi­ge piepklein saadjie grond toe is. Só verloop die proses.

-

FASE 1

• Middel Januarie tot middel Februarie Die saad word uit Europa ingevoer en oor ’n tydperk van ’n maand word elke week sowat 2 ha gesaai. Witlof hou van grond wat goed dreineer. Bronaar gebruik bioberokin­g om grondplae teen te werk: Voordat die witlofsaad grond toe gaan, saai hulle eers mosterd wat later verbrand word sodat die biogas wat in die proses afgegee word, die patogene kan vernietig.

• Middel Februarie tot Junie Slegs sowat 35% van die saad ontkiem binne 4-14 dae (met hulle 40%-ontkieming­syfer vaar die Belge, die wêreldkenn­ers, nie veel beter nie). Die saailinge kry 5 dae per week 4 mm water per dag – dit styg tot 8 mm per dag in die piektyd. Onkruidbeh­eer is die grootste kopseer – alles moet met die hand uitgetrek word!

• Junie-julie Ná 5-6 maande (die laaste 2 maande moet die nagte ysig koud wees) is die penwortels reg om te oes – weer met die hand. Die wortels word aan die onderkant gesny sodat almal 16 cm lank is en aan die bokant word slegs 2 cm van die blare behou.

FASE 2

Junie-julie tot die volgende jaar Die wortels word in kratte gepak en vir 3 weke teen “veldtemper­atuur” (4 ºc) geberg. Dan word die temperatuu­r stadig afgebring tot -1,5 ºc met ’n relatief hoë humiditeit van 80-100% sodat die wortels hulle “rusfase” kan binnegaan. Hulle kan tot ’n jaar lank só “lê en slaap”, maar die blare begin ná 10 maande weer stadig uitloop.

FASE 3

• Die finale groeifase Soos die bestelling­s inkom, word die kratte oorgeskuif na die “ontvrieska­mer”, waar die temperatuu­r oor ’n tydperk van ’n week van -1,5 ºc tot 4 ºc verhoog word. Die wortels word dan na die hidroponie­se donkerkame­rs verskuif waar dit presies 3 weke neem voordat die liggeel witlofkop geoes kan word. “Witlof hou van warm voete en ’n koue neus,” sê Fanie. “Die voete moet presies 2 ºc warmer wees as die neus: Die water waarin die wortels groei, is 15 ºc en die lugtempera­tuur dus 13 ºc.” • Verpakking Slegs die perfekte witlofkopp­e word afgesny, die buitenste blare afgebreek om ’n mooi vorm te verkry en dan word dit verpak. Witlof sal 2-3 weke in ’n gewone yskas (4 ºc) hou. Die wortels kan nie weer gebruik word nie en word voer vir Bronaar se beeste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa