Weg! Platteland

Kweek dit self

Kinderspel­etjies is dit nie, maar met genoeg geduld en ’n skoot geluk kan ’n mens inderdaad jou eie witlof kweek en in die proses ’n klein fortuin spaar.

-

1 Saai die saad Livingseed­s verkoop witlofsaad wat op die webwerf as “Chicory Witloof” gelys word. Saai die saad in Augustus of September (of van Februarie tot Mei) – die beste temperatuu­r vir ontkieming is 10-20 ºc. Saai die saad drie keer dieper as wat dit groot is óf in saadbakkie­s óf direk in diep grond wat goed dreineer. Moenie die grond te veel verryk nie. Die saad behoort binne 4-10 dae te ontkiem.

2 Plant of dun dit

uit Die saailinge moet uitgedun of uitgeplant word sodra die kans op ryp verby is. Los 25-30 cm tussen die plante en 50 cm tussen die rye. Onthou, witlof hou nie van kompetisie nie – moet dit dus nie te naby ander groente plant nie en trek onkruid dadelik uit. Jy wil hê die wortel moet so dik en lank as moontlik word – daar is ’n direkte verband tussen die grootte van die wortel en die “blaarknoet­s” later. 3 Hou dit gelukkig Net soos wortels hou witlof nie van baie stikstof, mis, kunsmis of hope kompos nie. Die plante sal heel goed op hulle eie aangaan mits jy dit genoeg water gee tot die penwortel behoorlik ontwikkel het. Wees veral versigtig wanneer warm, dor winde waai en sorg dat die boonste 15 cm grond altyd liggies klam bly. (Waterstres maak die plante bitter.)

4 Lig die wor

tels uit Ná 4-6 maande – en voor die eerste erge ryp – is die wortels gereed om geoes te word. Lig dit versigtig uit met ’n tuinvurk sonder om die wortels te beskadig, sny die blare aan die bokant af tot net 2-5 cm oorbly, en sny ook die penwortel aan die onderkant korter sodat dit 16-20 cm lank is. Laat die wortels ’n paar dae op ’n koel, donker plek uitdroog. 5 Plant dit weer in ’n pot of emmer wat met los grond gevul is. Hou die grond liggies klam, maar nie sopnat nie. Die belangriks­te? Dit moet warm (nie laer as 10 ºc nie) en pikdonker wees, soos in ’n kas, kelder of solder. Selfs net ’n bietjie lig sal die blare groen en galbitter maak. Party mense druk stokke in rondom die pot en bedek dit met swart materiaal – oppas vir plastiek, want swamsiekte­s slaan maklik toe. 6 Dis oestyd Ná omtrent 3 weke behoort die koppe groot genoeg te wees om te oes – dit sal bepaal word deur die grootte van die wortels wat jy in die donker geplant het. Gee jouself ’n klop op die skouer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa