Weg! Platteland

Witlof-tarte tatin

-

Die bitter en soet is ’n puik kombinasie saam met die bloukaas, maar jy kan ook soos die Franse maak en die bloukaas met bokmelkkaa­s vervang.

Genoeg vir 6 (voorgereg) of 4 (hoofgereg) Bereidings­tyd 25 minute Gaarmaakty­d 40 minute

Jy benodig

• 4-6 witlofkopp­e • 50 g botter • 3 eetlepels (45 ml) heuning • 2 teelepels (30 ml) vars tiemieblaa­rtjies • 1 rol blaardeeg, ontdooi • 100 g bloukaas • 50 g okkerneute, gerooster en gekap

Só maak jy

Verhit die oond tot 200 ºc. Los 1 witlofkop heel en sny die res in die lengte in kwarte. Verhit die botter in ’n oondvaste pan (23 cm in deursnee) tot dit begin borrel. Voeg die heuning by. Hou die heel witlofkop eenkant en rangskik die kwarte in ’n sirkel in die pan. Karamellis­eer die kwarte in die botter en heuning tot die kleur begin verander – hou die hitte matig hoog sodat die witlof kan braai en die vog verdamp. Geur dit met tiemieblaa­rtjies, sout en varsgemaal­de swartpeper. Sit die deeg soos ’n kombers op die witlof en druk die hoekies in of sny dit af.

Sit die pan in die oond en bak dit vir 20 minute tot die deeg goudbruin en uitgepof is. Sit nou ’n bord oor die pan en dop dit vinnig om om die tert met die deeg na onder en die witlof na bo uit te keer. Sprinkel dadelik die gekrummeld­e blou kaas en okkerneute oor. Snipper die laaste witlofkop in fyn repies en sit dit saam met die tarte tatin voor.

Tarte tatin is op sy beste warm uit die oond. As jy dit vir gaste maak, kan jy amper alles vooraf doen. Hou die gaar witlof net so in die pan in die yskas. Sit dan net die deeg oor en bak dit wanneer jy reg is om dit voor te sit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa