Weg! Platteland

Koop jou aalwyne hier

Hierdie kwekerye hou ’n interessan­te verskeiden­heid vetplante aan en hulle kenners sal jou help om die regte aalwyn vir die regte plek in jou tuin te kies.

-

LANDWYD SEEDS FOR AFRICA, AANLYN-SAADWINKEL

Seeds for Africa verkoop meer as 2 800 saadvariët­eite, waaronder 60 aalwynspes­ies. “Daar is iets baie spesiaals daaraan om ’n plant van saad te kweek,” sê Grant Muller, die eienaar. “Baie mense vind dit meer vervullend as om ’n plant te koop én dis natuurlik heelwat goedkoper.”

Jy kan verskeie skaars aalwynsaad hier bestel, waaronder die bedreigde kroonaalwy­n ( Aloe polyphylla), wat volgens Grant die gewildste is. “Versamelaa­rs is gaande oor dié aalwyn se interessan­te vorm.” Nie alle aalwynspes­ies (inheems, eksoties en bedreig) is altyd in voorraad nie – slegs baie vars saad word aangehou.

Kontak seedsforaf­rica.co.za

ROOIKLIP-AANLYNWINK­EL

Rooiklip op Swellendam is die grootste aalwynkwek­ery in die Weskaap en het ook ’n aanlynwink­el wat aalwynplan­te landwyd versend.

“Ons wou graag plantliefh­ebbers wat nie by ons kan kom kuier nie, met ons unieke plante bederf,” verduideli­k Hannes Viljoen, medeeienaa­r, “en vetplante reis natuurlik baie goed.” Die baie skaars reusekoker­boom ( Aloe pillansii) is een van hulle aanlyntopv­erkopers.

Kontak rooiklip.co.za

GAUTENG SUNBRID ALOES, RANDBURG

Sunbird is die enigste kwekery in Suidafrika wat in hibriede aalwynkult­ivars spesialise­er, en alles word by die kwekery bestuif, gesaai, uitgekies en verbou. Dit is die grootste kwekery wat slégs aalwyne verbou en ook die grootste verskeiden­heid aalwynkult­ivars ter wêreld verkoop! Sunbird is egter ’n groothande­lkwekery – besoek die webwerf vir ’n lys van kwekerye reg oor die land waar hulle plante te koop is. ’n Bakkievrag vol Aloehibrie­de van Sunbird Op 17 Junie word die kwekery oopgestel sodat aalwynento­esiaste die aalwyne op hulle mooiste kan sien en koop. Die kwekery neem ook deel aan die Witkoppen Wildflower Nursery se Groot Aalwynnawe­ek op 29 en 30 Julie 2017. Waar? Vinelaan 336, Ferndale, Randburg. Kontak sunbirdalo­es.co.za 082 824 6604

GARIEP-PLANTE, PRETORIA

Gariepplan­te fokus op plante uit Afrika en Madagaskar, wat die tuiste is van die meeste aalwynspes­ies. Hulle gewilde Aloexpo begin vanjaar op 3 Junie: Verskeie aalwynspes­ies en kultivars asook boeke en tydskrifte oor dié plante sal te koop wees. Waar? Cliffendal­elaan 309, Faerie Glen.

Kontak gariepplan­ts.co.za 082 779 2612 >

 ??  ?? Aloe polyphylla (spiraalaal­wyn)
Aloe polyphylla (spiraalaal­wyn)
 ??  ??
 ??  ?? Rooiklip Aloe ‘Peglerae’
Rooiklip Aloe ‘Peglerae’
 ??  ?? Aloe ferox
Aloe ferox

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa