Weg! Platteland

Mark toe B’bos se maandeliks­e plaasmark is ’n jollie basaar

Maak op die laaste Saterdag van die maand ’n draai by die B’bos-plaasmark – ’n jollie kruising tussen ’n kerkbasaar en ’n kontreisaa­mtrek wat aan dié dorpie sy eerste verkeerskn­oop besorg het!

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD

Soos dit ’n voorvatter betaam, blits Betsie Slippers vanmôre deur die Boereveren­igingsaal of sy op rolskaatse is. Dié vlugvoetig­heid is te verstane, want wat begin het as ruilhandel tussen haar en ’n paar buurvroue – slaaiblare vir melk, ’n haarsny vir werfeiers, uieplantji­es vir ’n pluksel vars groenbone – het ontaard in ’n volwaardig­e plaasmark wat een keer per maand lekkerbekk­e van so ver as die Kaap na Baardskeer­dersbos lok.

Dis ’n kompakte maar erg sosiale affêre met 3045 stalletjie­s waar jy iets van alles uit die kontrei kan koop – en genadiglik ook nie teen die verregaand­e pryse wat jy in die stad sal betaal nie.

Bring ’n koelboks saam, want hier wag vaalen kerrieafva­l, kouden warmgerook­te forel, tamaai werfhoende­rs, charcuteri­e, boerewors en boereworsr­olle, pasteie, pannekoek, vrugte, groente en kruie, droëvrugte en neute, suurdeegbr­ode, heuning, werfeiers, kase en jogurt, konfyte en ander ingemaakte lekkernye, fynproewer­skoek en kleinkoeki­es... En diegene wat ’n estetiese lus wil blus, sal hou van die blomme, kunswerke, foto’s, hope handwerk, krale, juweliersw­are, handsakke,

HOOFFOTO Die plaaslike markganger­s is vroeg uit die vere. INLAS HEEL BO Betsie Slippers. INLAS BO ’n Deel van die marksaal.

strooikuss­ings en gefermente­erde, velsorgen skoonheids­produkte.

• Die mark word die volgende drie maande op 30 September, 28 Oktober en 25 November gehou. Die amptelike ure is 09:00 tot 12:00.

B-bos Plaasmark te Baardskeer­dersbos in Gansbaai omgewing ( Wes-kaap) 083 655 5545 (Betsie Slippers)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa