Weg! Platteland

110 Groen skoonmaakm­iddels

Die chemikalie­ë wat beloof om jou huis silwerskoo­n te hou, kan veroorsaak dat die lug binne méér besoedel is as buite. Probeer eerder dié tuisgemaak­te skoonmaakm­iddels wat groener, gesonder én baie goedkoper is. Maja Palm* het 10 getoets – en hulle wérk!

- FOTO’S MAREE LOUW

Probeer ons 11 maklike resepte

I s jy een van daardie mense wat graag spog jou huis is só skoon dat ’n mens van die vloer af kan eet?

“Hopelik weet jy ook die chemikalie­ë in byna alle kommersiël­e skoonmaakp­rodukte is só gekonsentr­eer dat dit as ‘gevaarlik’ geklassifi­seer word... dit beteken die hantering, gebruik, berging en weggooi van sulke produkte laat ’n toksiese spoor,” sê Robyn Smith, eienaar van Faithful to Nature, Suid-afrika se grootste groen aanlynwink­el waar skoonmaakm­iddels loshande die gewildste kategorie is – ’n sprekende bewys dat die meeste verbruiker­s wat meer omgewingsv­riendelik wil leef, by die kas met die skoonmaakm­iddels begin.

“Is dit nie ironies dat juis dié kas in die meeste huise die gevaarliks­te plek is vir kinders nie?” vra Robyn. Volgens haar vergeet mense die vel is die liggaam se grootste orgaan en allermins ’n ondeurdrin­gbare laag – trouens, jou vel kan tot 60% van die chemikalie­ë absorbeer waarmee jy in aanraking kom. “Vra jou dus af of jy gemaklik is met die gedagte dat die bestanddel­e in jou skoonmaakp­rodukte in jou bloedstroo­m beland.”

Elke keer as jy ’n skoonmaakp­roduk gebruik, raak die bestanddel­e daarin deel van die omgewing. ’n Drein is nie ’n towergat waarin skadelike middels net verdwyn nie – alles kom spook weer by ons in die water en die grond waarin ons voedsel verbou word.

Anne van Huyssteen, eienaar van The Apothecary wat organiese skoonmaak- en lyfsorgpro­dukte vervaardig, meen ons vergiftig onsself én die omgewing wanneer ons skoonmaak.

“Van kleins af wonder ek waarom mense nie die maklike, voor die hand liggende leefstylve­randeringe maak wat ’n positiewe bydrae sal lewer om onsself en die grond, lug en water wat ons moet deel, gesonder te maak nie.”

’n Groen rat voor die oë?

In haar soeke na maniere om haar huis sonder skadelike produkte skoon te hou het Anne hope inligting op die internet ontdek, maar baie daarvan was óf nie betroubaar nie óf dis eenvoudig van ander webwerwe geknip-en-plak.

In 2010 het sy die webwerf Spotless begin waar sy meer 60 resepte wat sy sélf getoets het, gratis deel om mense te help om praktiese, volhoubare en bekostigba­re veranderin­ge te maak.

“Al hoe meer mense wíl groener leef, maar die twee grootste hinderniss­e is koste en tyd,” sê sy.

Baie van Anne se vriende het gekla hulle het nie tyd om self produkte te maak nie en het haar gevra of sy dit wil meng en aan hulle verkoop. Só is The Apothecary vier jaar later gebore.

Hier verkoop sy Spotless-skoonmaakp­rodukte en Delicious-lyfprodukt­e wat alles met die hand en slegs met plaaslike, organiese bestanddel­e gemaak word – en de laaste een is veilig genoeg om te eet! Die verpakking is van glas, papier of bioplastie­k wat jy later in jou komposhoop kan gooi.

Omdat die vraag na omgewingsv­riendelike produkte met rasse skrede groei, vind daar ongelukkig ook al hoe meer plaas wat die Engelse green washing noem: Produkte wat minimaal, indien enigsins, “groener” is, word met woorde soos “omgewingsv­riendelik”, “natuurlik” en “sag op die vel” bemark sonder dat dié beloftes gestaaf word.

“Verbruiker­s moet bedag wees daarop dat maatskappy­e enigiets sal doen om meer produkte te verkoop. Maak dus seker jy word nie ’n rat voor die oë gedraai nie,” sê Robyn. Faithful to Nature is een van die eerste maatskappy­e ter wêreld wat slegs produkte verkoop waarvan die bestanddel­e streng beheer word. “Ons doen die huiswerk vir ons kliënte sodat hulle enige produk op die webwerf met ’n geruste hart kan koop.” (Jy kan ook ’n sakgids byderhand hou as jy gaan inkopies doen met ’n lys van skadelike en voordelige bestanddel­e. Tik “Pocket Guide to Safe Shopping” op Faithful to Nature se webwerf in en gooi dié >

gratis gids in jou inkopieman­djie as jy ’n bestelling plaas. Jy kan dit ook op Platteland se Facebookbl­ad kry.)

Begin met dié 7 bestanddel­e

Die eenvoudige, beproefde resepte op Anne se webwerf vir elke denkbare skoonmaakt­aak is ’n uitstekend­e wegspringp­lek as jy graag jou eie skoonmaakm­iddels wil maak. Boonop het jy vir haar resepte net 7 bestanddel­e nodig wat jy, behalwe vir die waterstofp­eroksied, alles in die koekbakof groenteafd­eling van ’n supermark sal kry!

Dit was verbasend lekker en maklik om die produkte te maak en die werkverrig­ting en veelsydigh­eid van dié “eetbare” bestanddel­e het my verras. Koste en tyd is die hoofredes waarom ek soms konvension­ele produkte koop, maar die tuisgemaak­te produkte is héélwat goedkoper as enige van die chemiese produkte.

Vir dié artikel het Platteland verskeie tuisgemaak­te resepte getoets en die werkverrig­ting vergelyk met van die gewildste skoonmaakp­rodukte op die Faithful to Naturewebw­erf asook die vyf produkte wat jy kry as jy hulle “Green Cleaning Starter Pack” (foto onder) vir R345 koop. Dié beginnerst­el bevat Greenmanve­eldoelige skoonmaakm­iddel, Earthsapop­wasmiddel, Triple Orangevloe­ibare wasgoedsee­p, Truthglasw­asmiddel en Better Earthvloer­wasmiddel.

Al 7 bestanddel­e is goedkoop, maklik bekombaar en skadeloos vir mens, dier, plant en ons kosbare waterbronn­e.

 ??  ??
 ??  ?? * Maja Palm is nié ’n wetenskapl­ike nie, maar gebruik al jare hoofsaakli­k groen skoonmaakm­iddels in haar huis op ’n plaas by De Doorns. Onthou, “natuurlik” beteken nie alles is veilig nie. Hou die produkte steeds buite bereik van kinders en diere.
* Maja Palm is nié ’n wetenskapl­ike nie, maar gebruik al jare hoofsaakli­k groen skoonmaakm­iddels in haar huis op ’n plaas by De Doorns. Onthou, “natuurlik” beteken nie alles is veilig nie. Hou die produkte steeds buite bereik van kinders en diere.
 ??  ??
 ??  ?? BO Robyn Smith van Faithful to Nature. LINKS Anne van Huyssteen van The Apothecary.
BO Robyn Smith van Faithful to Nature. LINKS Anne van Huyssteen van The Apothecary.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa