Weg! Platteland

‘Ek bly net hier’

- Dr. J.P. de Beer, BOTHAVILLE

Ek bied informele Engelsklas­se aan vir buitelande­rs hierin die Bothaville­distrik. Die meeste is oud kin der soldate wat leergierig is, wil inpas en aanpas by ons samelewing – en hulle menswaardi­gheid wil terugvind.

In een van dié klasse is ’n plaaswag uit Tanzanië wat in staat is om sonder formele grammatika of sinskonstr­uksie uitsonderl­ike gedagtes tot uitdrukkin­g te bring. Een van my gunsteling­vroegoggen­d plesiere is die dae waarop ek hom’ n saamrygele­entheid dorp toe gee. Gisterogge­nd, met die son wat stoei om op te kom om die ryp oor die vlaktes en beesrûe te verdryf, merk hy op: “This country, so many tsotsis. Every morning sun comes you just say thank God.”

Dis ’n sentiment wat ek as ’n afgesonder­de plaasbewon­er met hom deel: die genade van nog ’n dag. Maar ’n mens wonder tog waarom jy kíés om só te leef?

Ek vind my inspirasie op ’n vreemde plek – kunsrolpre­nte. Een só ’n prent handel oor die laaste twee dekades in die lewe van Hyakken Uchida, ’n Japannese skrywer en pedagoog wat in die vroeë jare veertig afgetree het, maar wie se oudstudent­e en -kollegas steeds elke jaar saam met hom sy verjaardag gevier het. En elke jaar is dieselfde heildronk ingestel: “Mahda-kai?” (Is jy gereed?) sou die gaste vra.

En Uchida sou antwoord: “Madadayo!” (Nog nie!)... ’n erkenning dat sy dood naby is, maar ook ’n smeking om meer tyd.

In my wêreld van plaasaanva­lle, weggooikin­ders en vlugteling­e vind ek nuwe krag in die Vrystaat se vlaktes. Soos een Kapenaar dit op ’n besoek gestel het: “Hier kan jy van die Groot Knal tot in die Ewigheid sien! Wat gebruik julle Vrystaters as bakens om te weet wat is waar – en watter rigting slaan jy in?”

Soos Uchida dit beleef, is daar vir my ook nog elke dag iets nuuts te leer, nog ’n wysheid uit eie ondervindi­ng om aan ’n protegé oor te dra, nog ’n dier om kos te gee en ’n boom om te plant. Maar daar is ook die ander kant van die storie: die angs wanneer jy drie-uur in die oggend aangeval word, daardie gedurige geloer oor jou skouer, ’n vuurvegter wat permanent op bystand staan en ’n instink wat ’n brand of vreemde situasie op ’n afstand kan sien, ruik, hoor en voel.

Die uil wat genoeg vertroue in jou het om saans op die stoep te kom nagsê voor hy op sy jagtog vertrek, en dan bedags enkele treë van die huis af slaap. Die getjank van die hondekoor wat jy tot wie weet waar kan hoor wanneer jy te ver uit die oog beweeg – of dit nou is om ’n krip in die veld te gaan volmaak of om dorp toe te ry.

Hulle wag onrustig tot jy weer onder hulle beskermend­e oë is.

Die dorpskind wat vakansies op die plaas kom – die een wat nog nooit voorheen ’n plaas gesien het nie en wat weghardloo­p vir die perde wat kom kyk of hy handig genoeg is – is nou ’n grootmens wat oor ’n sigaar en sangria vir jou sê: “I’m on my way to success, Ma’am. All because of my parents and you, my mentor.”

Is ek gereed om hierdie leef-, leer- en werkruimte op te gee? Madadayo!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa