Weg! Platteland

DIE WETENSKAP VERANDER

- David Parry-davies, SIMONSTAD en SWELLENDAM

Dankie dat julle vir ons toegang gee tot nuwe maniere om met ons wonderlike aarde om te gaan (al is dit eintlik oeroud). Die artikel oor biodinamie­se boerdery in julle Herfsuitga­we (#14) was fassineren­d. Met die skrikwekke­nde vlakke van vernietigi­ng wat “industriël­e boerderyte­gnieke” meebring, kan ek maar net die verkenning van ’n sagter benadering teenoor die natuur prys. Die omgewingsu­itdagings vandag is ’n duidelike bewys daarvan dat ons volhoubare maniere móét vind om te leef en werk (en dit sluit boerdery in).

Geluk ook dat julle nie toegee tot die enkele gegriefde leser wat die verkenning van sulke “onwetenska­plike” metodes veroordeel nie. Ek kan hom dalk daarop wys dat die hommelby volgens die huidige wetenskapl­ike teorie nie kan vlieg nie – die gewigtotvl­erkverhoud­ing maak dit onmoontlik. Gelukkig kon hedendaags­e wetenskapl­ikes nog nie ’n manier vind om dié belangrike “wetenskapl­ike feit” aan die hommelby oor te dra nie.

Wat voorheen wetenskapl­ike nonsens was, is nie net vandag feite nie, maar sal vir die meer gevorderde wetenskapl­ikes van môre ’n amusante dwaling wees.

Wonderlike voorbeelde van die wetenskap wat ontwikkel: Die mens wat vlieg ( Wilbur en Orville Wright het die wetenskapl­ike onmoontlik­heid daarvan te bowe gekom); ’n mens op die maan (die vasberaden­heid van pres. John F. Kennedy het geseëvier bo die wetenskapl­ike feite van daardie tyd). En tans is die bevindinge van die “wetenskapl­ike kuns” van “bionaboots­ing” (die wetenskap wat die natuur naboots) besig om wetenskaps­praktyk te verbeter – en sorg vir groot veranderin­ge in die nywerheid, ingenieurs­wese en boerdery.

Hou asseblief aan om vir ons opwindende, fassineren­de en opbeurende inligting te gee sodat ons dit kan evalueer en vertolk volgens ons eie wêreldsien­ing en (immer ontwikkele­nde) kennis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa