Weg! Platteland

Uilhuis ‘bevorder’

-

Die vorige uitgawe van Platteland was skaars in die winkels of ons ontvang die heuglike nuus dat die Suid-afrikaanse Erfenishul­pbronagent­skap (SAEHA) ná verskeie vertoë oor die jare van plan is om Helen Martins se Uilhuis en sy kameelwerf op Nieu-bethesda tot ’n Nasionale Erfenister­rein (graad 1) te verklaar.

Die Uilhuis, wat internasio­nale erkenning geniet as ’n baken van outsiderku­ns, is in 1990 voorlopig tot nasionale monument verklaar en dié status is in 1995 vir nog vyf jaar verleng. Sedertdien het verskeie aansoeke by die ou Raad vir Nasionale Gedenkwaar­dighede en sy opvolger, SAEHA, op niks uitgeloop nie, maar nou is daar uiteindeli­k lig in die tonnel.

Platteland beveel ’n besoek aan die Uilhuis en Nieu-bethesda sonder enige voorbehoud aan – dis nou pure, propperse, plesierige platteland!

theowlhous­e.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa