Weg! Platteland

JAMES KRIEL & LIZ VAN DEN BERG

Ekoterrori­s-en-heuningboe­r en kunstenaar

-

James se oupa het die stuk grond waar hy sedert einde 1991 woon, in 1972 gekoop. Hier lei hy ’n eenvoudige, stil en in vele opsigte idilliese lewe. Op die plaas is ’n staproete met ’n waterval of twee, die suiwerste bergwater, ’n selfsorgro­ndawel wat hulle verhuur (sien bl. 33) en natuurlik manjifieke fynbos wat James, ’n sogenaamde “ekoterrori­s”, probeer bewaar.

“Suid-afrikaners is nie juis into fynbos nie,” sê James, “maar die Duitse toeriste! Hulle vra die intelligen­tste vrae en weet die meeste van die tyd meer as jy!”

Liz, sy lewensmaat, is ’n kunstenaar wat onder meer Japannese visafdrukk­e ( gyotaku) maak. Sy woon die afgelope sewe jaar op die plaas, maar trek in die somermaand­e, wanneer dit hoogseisoe­n is in die advertensi­e-, TV- en rolprentbe­dryf, dikwels Kaap toe om daar as dekorskild­er ’n inkomste te verdien.

James het by sy ma geleer om bossies veldblomme te maak en het sy hande vol met hulle 50 byekorwe wat gereeld deurloop onder die ratels, terwyl Liz, oorspronkl­ik ’n Vrystater wat al 34 jaar ’n vegetariër is, planne moes beraam om die bokke en ander gediertes wat uit die berg kom, uit hulle groentetui­n te hou. “Maar as jy eers hierdie stilte ervaar het,” sê Liz, “weet jy jy sal nooit weer vir altyd in die stad kan bly nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa