Weg! Platteland

ALBERT & SUSAN VAN DEN BERG

Nuwe intrekkers en kosmakers

-

Die Van den Bergs, wat die afgelope ses jaar tuis was in die Cotswolds in Engeland, is blinknuwe B’bossers – so nuut dat die meeste van hulle goed nog in bokse staan en heelwat restourasi­e- en aanbouwerk eers afgehandel moet word voordat hulle volledig kan intrek in die huis waar hulle skaars twee weke voor Platteland se besoek nesgeskop het.

Albert is passievol oor ’n paar dinge (behalwe Susan): kosmaak, meganika en radiobehee­rde vliegtuie. Hy het 28 jaar op oliebore reg oor die wêreld gewerk, en in dié tyd het hulle in Kaapstad, Paternoste­r (13 jaar) en Switserlan­d (2 jaar) gewoon voor hulle Engeland toe is.

Op Paternoste­r het hulle vriende geraak met die sjef Suzi Holtzhause­n, en dis sy wat oor Skype vir hulle vertel het van Baardskeer­dersbos en vir hulle gevra het of hulle haar nie Paasnaweek vanjaar met ’n spesiale ete by Lokal wil kom help nie. Daardie einste naweek het hulle hulle huisie in die hoofstraat gekoop en aan hulle platteland­se feëverhaal begin skryf. Hulle wil ’n klein kerrierest­aurant by die huis begin, Albert wil vir hom ’n nuwe werkswinke­l bou en aan die agterkant van die huis moet twee woonstelle kom wat hulle aan naweekbeso­ekers wil verhuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa