Weg! Platteland

IVAN TROLLIP

Eienaar, B’bos-kunsgalery

-

Ivan Trollip, ’n voormalige tuinontwer­per van Johannebur­g, en sy lewensmaat, Patrick Buckley, besit al nege jaar ’n huis in ’n sekerheids­kompleks op Hermanus. Nadat Ivan besef het meer as tien kunstenaar­s werk in die B’bos-omgewing maar die dorp het nie ’n kunsgalery nie, het hy 4½ jaar gelede ’n huis gekoop en dit as ’n dorpsgaler­y ingerig wat hulle tweede tuiste én Ivan se ateljee is. (Deesdae verkoop hy net sy eie werk hier.)

“Ek het een aand jollie boeremusie­k en ’n gelag gehoor uit die huis hier oorkant,” vertel Ivan. Dit was oom Manie en tant Mara Groenewald se huis en van die inwoners het hom altyd gewaarsku om versigtig te wees vir tant Mara wat so vrygewig is met die witblits.

“Maar wat kan ek sê: Ek het eendag oorgestap. Die koeël was deur die kerk. En nou is ek ’n B’bosser.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa