Weg! Platteland

DANIE FOURIE

Mede-eienaar, B’bos-winkel

-

“Ek is mooi Danie, wat met Wilmien getroud is,” stel tant Mara Groenewald se skoonseun hom voor en vertel hy is “net hier anderkant” op Gansbaai gebore en getoë, maar het 36 jaar op die myne gewerk voordat hulle teruggekom het.

“Hierdie B’bos is ’n blerrie lekker plek, man. Rustig maar ook nie té rustig nie, veral oor naweke. En al is my skoonpa nou nie meer met ons nie, is dit blerrie lekker om in hierdie winkel te sit en mense stap hier in en sê hulle kom soek een van die Baardskeer­dersbos-orkes se CD’S.

“Anderdag stap hier ’n matriekmei­sie van Gansbaai in en sy sê sy soek nóú Gooi

los! Toe sê sy: ‘Oom, as jy op Gansbaai woon en jy het nie ’n Gooi los!- CD nie, dan is jy nie cool nie.’ ”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa