Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig

-

Doen, drentel, koop Baardskeer­derbos-kunsroete Verken die kunsroete op Saterdag 23 en Sondag 24 September van 10:00-17:00. Minstens 10 kunstenaar­s van die omgewing gooi op dié dae hulle ateljee oop vir die publiek – gaan kyk en koop kuns en gesels oor ’n glas wyn met die kunstenaar­s. Besoek die webwerf vir ’n kaart en meer inligting. Waar? Verskeie ateljees op en om die dorp.

Kontak baardskeer­dersbosart­route.co.za info@baardskeer­dersbosart­route.co.za

Skaapkopfe­es

Die NG kerk op B’bos hou op 4 November van 10:00 tot laatmiddag ’n Skaapkopfe­es met ’n beperkte aantal skaapkoppe wat vooraf teen R130 elk bespreek moet word (by Protea Flora in die Spar-sentrum op Gansbaai). Daar’s ’n biertent, boeremusie­k deur die Rummikub-orkes en die Sharimbas-marimbaork­es van die Academia-skool op Gansbaai, kosstallet­jies, trekkerrit­te, boeresport en die heel eerste Mnr. en Mej. Baardskeer­dersbos-kompetisie.

Kontak skaapkopfe­es@gmail.com 082 499 0230 (Aletta Groenewald)

Bak brood saam met Niël Jonker

Kry die kuns van suurdeegbr­ood onder die knie by een van die tweedagbro­odbakkursu­sse wat die kunstenaar Niël Jonker by sy huis aanbied. Dit kos R1 800 p.p. en word in 2017 nog op 28-29 September, 26-27 Oktober, en 23-24 November gehou.

Kontak nieljonker.co.za (klik op “Workshops” bo en dan “Breadmakin­g Workshops”) info@nieljonker.co.za

B’bos-kunsgalery

Ivan Trollip se agtergrond as landskapku­nstenaar vind neerslag in sy olie- en akrielverf­skilderye van die natuur, blomme, veldblomme en voëls. Gaan kyk en koop by sy galery, wat ook sy huis en ateljee is.

Kontak ivantrolli­p.co.za B”bos Art Gallery

B’bos-winkel-en-drankwinke­l

Tant Mara en wyle oom Manie Groenewald se dogter, Wilmien, en haar man, Danie Fourie, bestuur reeds die afgelope vyf jaar die dorp se enigste algemeneha­ndelaars-en-drankwinke­l waar jy basiese kruidenier­sware, alkoholies­e verversing­s en van die legendarie­se Baardskeer­dersbosork­es se CD’S kan koop en ook brandstof kan ingooi.

Kontak 082 412 4488 (Danie) of 084 573 1643 ( Wilmien)

Koop erfenissaa­d Maak ’n afspraak met Sue Vingerhoet­s om van haar erfenissaa­d of haar man, Jan, se funksionel­e kuns te koop. Kontak foxglove.co.za redeux.co.za suefoxglov­e@gmail.com

Platbos

Besoek Afrika se suidelikst­e natuurlike woud (sowat 13 km van Gansbaai af). Loer in by die kwekery, probeer een van die staproetes of verwonder jou aan die reuse- inheemse bome, voëls en ander velddiere.

Kontak platbos.co.za info@platbos.co.za

Voetslaan deur die fynbos

Gaan op ’n begeleide of onbegeleid­e tweeof driedagsta­ptog (met of sonder etes) deur die Kaapse blommeryk en die skouspelag­tige natuurskoo­n van die Overberg.

Kontak fynbostrai­l.co.za info@fynbostrai­l.co.za

Ma, ek is honger! Lokal in B’bos Slegs een naweek per maand kan jy aansit vir ’n spesiale seisoenale vierof vyfgangmid­dagete wat die Weskussjef Suzi Holtzhause­n optower by Lainy en Stanley Carpenter se lieflike “popup” restaurant­ruimte in die hoofstraat. Platteland het R425 p.p. betaal vir ’n masalafees­maal wat elke sent die moeite werd was. Saam met Suzi se gesofistik­eerde dog onpretensi­euse kos kan jy van die kontrei se beste wyne bestel. Plek is beperk en bespreking­s noodsaakli­k. ( Teken op die webwerf op hulle nuusbrief in of hou die Facebookbl­ad dop vir datums en temas.) Daar is ook deliproduk­te en van Die Werf se wyne te koop. Waar? Hoofweg 23.

Kontak lokalbbos. co.za LOKAL in B’bos book@lokalbbos. co.za 082 909 0512

Marietjie’s Pub & Grill

Veral oor naweke sak ’n tsoenami van viertrekvo­ertuie, gesinsmoto­rs en ysterperde toe op dié kuierplek wat al amper 11 jaar sake doen – of dit nou vir sporten’ ndop by die kroegtoonb­ank, die beroemde boereontby­t of enige van die ander waardevirg­eldtreffer­s op die spyskaart is. Laasgenoem­de wissel van ribbetjies, burgers en schnitzels tot seekos of boerekos op Sondae. Laat die boodskap agterop Marietjie se Themp – “Ons lyk nie so van draf nie... dis van vreet” – vir jou ’n waarskuwin­g wees: Die grootte van die porsies laat menige lekkerbek se broek bewe en die meeste keer huiswaarts met ’n woefkardoe­s. In die een hoek is ’n rak met tuisgebakt­e beskuit, koekies, konfyt en van tant Mara se kersies in... ja, reg geraai, witblits, wat te koop is. Waar? Hoofweg. Kontak Marietjies pub & grill marietjies­pub@gmail.com 072 452 5210

Strandveld Pub, Restaurant & Functions

Callie Lindes – ’n ou hand as dit by kontreisto­ries kom – is aan diens by die kroegtoonb­ank, en sy vrou, Mariana, woeker in die kombuis by dié kuierplek in wat eens Baardskeer­dersbos se skool was. Kom lawe die keel, bestel onder meer steak, calamari, burgers, schnitzels of vars vis vir die hongerpyne, of bespreek vir ’n spesiale ete op byvoorbeel­d Moedersof Vadersdag. Elke tweede Woensdagaa­nd wys tant Mara Groenewald waar Dawid die wortels gegrawe het wanneer ’n klomp inwoners hier saamtrek vir ’n paar potte rummikub. Die Rummikubbo­ereorkes maak dan musiek waarop jy kan skoffel. Dit is ook hier waar die plaasmark op die laaste Saterdag van die maand gehou word en waar Callie en Mariana dan skaapkop, vaalafval en kerrieafva­l verkoop. Waar? Strandveld­straat.

Kontak Baardskeer­dersbos Strandveld Pub, Restaurant & Functions 082 940 2655 of 079 351 0468

B’bos-waenhuis (Rusty’s Treintjie Pub & Danssaal)

Platteland het nie hier uitgekom nie, maar ons verneem as jy hou van boeremusie­k en langarm, is hierdie kroegendan­splek van die countrysan­gers Rusty en Danie Groenewald dié plek om ’n Saterdagaa­nd te verwyl. Waar? Hoofweg. Kontak Rusty’s Treintjie Pub 072 257 8474

Blyplek Daar is verbasend min blyplek op die dorp self, maar ’n skaflike verskeiden­heid in die omgewing. Loer op Niël Jonker se webwerf,

nieljonker.co.za, en klik boaan die bladsy op die “Workshops”balkie en dan op “Breadmakin­g Workshops” – laer af is verblyfops­ies.

Tierfontei­n-rondawel

Platteland het tuisgegaan in Liz van den Berg en James Kriel se smaakvol gemeubilee­rde rondawel (met ’n en suitestort­kamer en ’n kompakte aparte kombuis) op ’n plaas 7 minute per motor buite die dorp. Saans gebruik jy kerse en olielampe, en verder werk alles met gas of sonkrag (daar is wel in die kombuis ’n elektriese yskassie en ’n kragpunt vir fone of rekenaars). Handdoeke word verskaf en braaihout is te koop.

Kontak tierfontei­nrondawel.com tierfontei­n@gmail.com 083 306 8882

Rusthof

’n Goed toegeruste drieof vyfslaapse­lfsorghuis met braaigerie­we is te huur op ’n plaas 5 km buite die dorp. Kinders en troeteldie­re is welkom. Kontak rusthofacc­ommodation.co.za Rusthof Akkommodas­ie langenhove­nchrista@gmail.com 082 300 7294

 ??  ?? Bak brood saam met Niël Jonker Patrick Buckley en Ivan Trollip voor die B’bos-kunsgalery
Bak brood saam met Niël Jonker Patrick Buckley en Ivan Trollip voor die B’bos-kunsgalery
 ??  ??
 ??  ?? B’bos-winkel-en-drankwinke­l
B’bos-winkel-en-drankwinke­l
 ??  ?? Lokal in B’bos
Lokal in B’bos
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa