Weg! Platteland

Die Karoo op sy beste

-

Almal weet van die Karoo- nasionale park, maar dis steeds asof die meeste mense nie besef wat ’n wonderlike reservaat dit is nie. Baie naby aan dié tweespoorp­ad (in die rigting van Doornkloof) hou die reservaat se troppie leeus waarvan Sylvester, die reeksontsn­apper, ook eens op ’n tyd deel was. Dis net om die draai van die ruskamp en nie ver van die N1 af nie. Hier is báie wild: Kaapse bergkwagga­s, rooihartbe­este, springbokk­e, koedoes, gemsbokke, klipspring­ers... Ons het selfs ’n erdvark in die pad gekry toe ons ná sononder in die reservaat aankom – iets wat die kinders vir ’n rare oomblik stil gehad het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa