Weg! Platteland

Mooi pak vir die grondpad

-

Op Nieubethes­da moes ons die sleepwa met aandag en geduld oorpak om seker te maak geen verdere veneer of verf beskadig nie – ons het geheel en al onderskat hoe belangrik dit is om meubels behoorlik te pak, veral as jy grondpad ry.

Ek het dit die eerste keer agtergekom toe ek op Aberdeen die eerste meubels probeer toedraai met net ’n rol borrelplas­tiek, ’n rolletjie van daai dun kleefband, ’n skêr en ’n klomp kabelstrop­pe tot my beskikking.

Vir meubelverv­oer is borrelplas­tiek nutteloos: Dis te dun en bied geen beskerming nie. Ons het later de laaste grys kombers opgekoop by enige Pep waar ons verby is. Al wat werk, is om een kombers om ’n meubelstuk te draai en die hele besigheid dan vas te woel met die breedste bruin kleefband wat jy in die hande kan kry. En dan pak jy die meubelstuk­ke lángs mekaar op die wa en trek dit stewig vas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa