Weg! Platteland

Ontmoet die mense

DANIE VAN ROOYEN Boer op Gonnakraal

-

Sy pa het die familiepla­as, Gonnakraal, in 1961 gekoop, en dis hier waar Danie sedert die vroeë jare sewentig boer met bonsmarabe­este, skaap en groente (meestal aartappels, patats, mielies, pampoen, botter- en gewone skorsies en kool).

Hy is die laaste om-den-brode-boer in die vallei, vertel hy, waarskynli­k omdat vloede die meeste van die vrugbare bogrond – en al die erwe wat teen die rivier uitgemerk was – weggespoel het. “Van toe af het De Vlugt stadigaan ál leër en stiller geword... soos wat jy hom vandag nog hier sien.”

Danie boer organies. “Maar nie oor ek ghrênd of in die mode probeer wees nie; dis maar hoe ek grootgewor­d het en dis al manier wat ek ken. Die enigste ‘kunsmis’ wat ons op die lande gebruik, is ons eie beesmis wat ons losmaak in die kraal.”

Elke Vrydag ry Danie Uniondale toe vir sake. Hy neem sewe mense wat nie vervoer het nie se inkopielys­ies – of “briefies” – saam en bring hulle inkopies terug saam met die koshuiskin­ders wat vir die naweek huis toe kom.

Verder, sê hy, gaan hy nie eintlik graag hier weg nie. “Die vrede hier op De Vlugt kan jy nêrens anders – en met geen geld ter wêreld – koop nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa