Weg! Platteland

ADRI VAN ROOYEN

Eienaar, Die Plaaskind-padstal

-

“Sorry julle, dit gaan ’n bietjie raas, maar ek moet gou die generators­tart om die

bacon te ontdooi,” groet Adri, wat op haar ouers se plaas net buite die dorp grootgewor­d het, maar in die week ’n koshuiskin­d op Uniondale was.

Ná skool het sy dadelik ingeval by ’n sekerheids­maatskappy op Knysna voordat sy eers by die ontvangsto­onbank en later as lodgebestu­urder by die bekende Emily Moon-boetiekhot­el-en-restaurant op Plettenber­gbaai gewerk het. In 2012 het sy huis toe gekom, maar ná twee jaar is sy en haar dogtertjie, Katelyn, agt maande lank op ’n Nieu-seelandse avontuur waar sy by ’n lodge gewerk het.

Nou is Adri vir goed terug op De Vlugt – “’n rustige en relatief veilige plek – perfek om ’n kind groot te maak,” sê sy.

Adri bestuur Die Plaaskind-padstal asook Bain’s Cottage, die selfsorghu­is waarin Thomas Bain en sy gesin gebly het terwyl die pas gebou is.

Haar kliënte is mense van die omgewing, pasryers en Europese swaeltjies met huise in die George-knysna-mosselbaai­Plettenber­gbaai-omgewing. Desemberva­kansies en Paasnaweke is die besigste. “Dan kom hier maklik 200 karre verby en ek verkoop sommer 130 pies per dag.”

Adri lag: “Skryf tog die mense is welkom om ’n langnaweek of langer hier te kom kuier, maar dis ook nie ’n móét nie. Op De Vlugt gaan die tyd só stadig verby dat ’n dag of twee soos ’n langnaweek voel. Hier raak ’n mens sommer maklik 105 jaar oud, want hier is niks wat sleg is wat jou vroeër kan laat doodgaan nie!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa