Weg! Platteland

GEE NÓÚ JOU GROENTE WOEMA

-

I n die lente gee peste en plae nog nie vir tuiniers te veel opdraande nie, sê Sean Freeman, eienaar van die aanlynsaad­winkel Livingseed­s. Maar dis ’n goeie plan om nou te sorg dat jou plante die regte voeding kry.

“Sterk en gesonde plante bied baie beter weerstand teen siektes en goggas wat gewoonlik in die somer hulle opwagting maak. Dié plante sal natuurlik ook heelwat meer en groter vrugte en groente dra.”

Sean beveel die toediening van die toepaslike organiese voeding aan wat ook sal help om die kalsiuminh­oud van die grond te verhoog.

“Kalsium is ’n belangrike komponent van plantvoedi­ng – baie snywurms in die grond is gewoonlik ’n aanduiding van ’n kalsiumtek­ort.”

Die trots Suid-afrikaanse maatskappy Talborne Organics vervaardig ’n reeks organiese produkte wat spesifiek vir tuiniers ontwikkel is: Jy kan kies uit Lawn & Foliage, Vita Fruit & Flower, General Garden Fertilizer, Vegetable & Herb en beenmeel. Die produkte is landwyd beskikbaar by takke van Builders, uitgesoekt­e kwekerye of op Livingseed­s se webwer f – gaan na livingseed­s.co.za. Lees meer by talborne.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa