Weg! Platteland

Tuinfees, Bedford

-

DATUM 20-22 Oktober Gaan verkyk jou aan 10 spoggerige tuine op en om Bedford wat net een naweek per jaar vir besoekers oopgestel word; lê weg aan heerlike kos en wyn by die Duke of Bedford Inn of in die NG kerksaal; koop plante en alles en nog wat by die dorpsmark. Óf gaan luister na klassieke musiek of ’n praatjie oor skoenlappe­rs. Laai die tuinpadkaa­rte met verskillen­de voorgestel­de roetes op die webwerf af.

WAAR? Verskeie plekke op en om die dorp. TYD 08:00-17:00.

KONTAK bedford.co.za info@bedford.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa