Weg! Platteland

Mev. Kruie

Sonder Margaret Roberts en die 40 boeke wat sy geskryf het voor haar dood op 4 Maart sou SuidAfrika ’n veel armer en bowenal kruie-onkundige plek gewees het. Ons het gesels met haar jongste dogter, Sandy, wat die leisels by haar ma oorgeneem het.

-

M argaret Roberts was sewe jaar oud toe sy haar eerste waarneming­s oor kruie in ’n notaboek neergeskry­we het. Dié nuuskierig­heid het ontwikkel tot ’n allesoorhe­ersende passie en ’n baanbreker­sloopbaan as een van Suid-afrika se eerste waarlik organiese boere wat met haar topverkope­rboeke kruie vir SuidAfrika­ners toeganklik gemaak het. Ten tyde van haar dood kort voor haar 80ste verjaardag was sy hard aan die werk aan nóg drie boeke, en haar en haar jongste dogter, Sandy, se boek

Indigenous Healing Plants het pas verskyn (lees meer op bl. 87 en staan ’n kans om ’n eksemplaar te wen).

Sandy sê sy het dié geesdrif saam met “moedersmel­k” ingekry en 32 jaar sy aan sy saam met haar ma gewerk. Sy het hulle Kruiesentr­um by De Wildt in Noordwes help opbou van ’n paar steggies tot die suksesvoll­e ondernemin­g wat dit vandag is. As sjef by die restaurant het Sandy ook die kos-, medisinale en kosmetiekr­esepte in Margaret se boeke ontwikkel.

“My ma het haar kennis van kleins af met my gedeel. As jong boervrou het sy vir my, my suster, Gail, en broer, Peter, van die plaas en die tuin geleer. Ons het help saad plant en heerlik uit die geil groente-en-kruietuin geëet. In die jare sestig en sewentig was ’n kruietuin ’n vreemde ding – wat nog te sê om blomme uit die tuin te eet!”

Kos as medisyne

As fisioterap­eut is Margaret eindeloos geboei deur die gedagte om kos as medisyne in te span. Juis om dié rede was gesonde eetgewoont­es en organiese boerdery haar ander groot fokus.

“My ma het die grootste respek vir medisyne gehad,” vertel Sandy, wat nou Margaret se werk voortsit. “Sy het vroeg ontdek kruie kan ’n belangrike rol in gesondheid speel. Omdat daar destyds geen inligting oor natuurlike medisyne in Suid-afrika beskikbaar was nie, het sy ’n korrespond­ensiekursu­s deur ’n instansie in Engeland gedoen en met die Britse kruieveren­iging kontak gemaak. Ek onthou hoe sy elke Vrydagogge­nd gaan loer het in die stowwerige possak wat aan die boom buite die plaashek gehang het om te sien of daar dalk nóg inligting van oorsee af was. Sy het vas geglo deur gesond te eet kan jy ’n fondament bou vir gesondheid en só minder afhanklik wees van medisyne.”

In ’n tyd toe woorde soos “holisties” en “organies” nog volksvreem­de kon- septe was, het Margaret nie geskroom om haar haar oortuiging­s oor natuurlike gesondheid uit te leef nie.

“Ons het ’n blomtuin gehad waarvan jy al die blomme kon eet, en my ma het later die boek Medicinal and Edible

Flowers geskryf. Dit was die begin van die Margaret Roberts-slaaisaadp­akkies met kruie en eetbare blomme wat by Woolworths te koop was.

“My ma het ’n Laureate-toekenning gekry vir haar werk as een van SuidAfrika se eerste organiese boere, en sy het organiese insekdoder­s, superbemes­tingstowwe, swamdoders en komposakti­veerders help ontwikkel wat natuurlike tuinmaak vir gewone tuiniers makliker maak.”

Tuinier, skrywer en meer

“Margaret was nie net ’n ongeloofli­ke ma nie,” sê Sandy, “maar ’n hardwerken­de, visionêre mens. Sy was lief vir Suid-afrika en wou dit ’n beter plek maak deur tuine in ons harte te plant.”

Margaret was ’n ywerige skrywer – van notas en gedigte tot pragtig opbeurende briewe en boeke. Sy het nie ’n rekenaar gehad nie en het al 40 boeke met ’n Bic-pen geskryf.

“Met my ma was daar nooit iets soos ’n ‘tipiese’ dag nie, hoewel sy ’n roetine gevolg het. Die pas en behoeftes van die Kruiesentr­um is intimidere­nd, en ek en sy was veral gaande oor die restaurant by die sentrum. Die beste deel van kruie wat jy organies gepamperla­ng het, is tog om dit te proe,” sê Sandy.

In ’n onderhoud laasjaar met die Hartbeespo­ort-gemeenskap­skoerant die Kormorant het Margaret gesê een van haar grootste vrese is dat sy nie genoeg tyd gaan hê om haar kennis te deel nie. “Maar ek hou baie van hoe Sandy dink. Ek voel geëerd dat sy die Margaret Roberts-naam sal laat voortleef.”

As jy weer verby ’n Margaret Roberts-roosboom of -laventel stap, staan stil, ruik aan die blomme, kneus die blare tussen jou vingers en onthou weer die droom van ’n kruieliefh­ebber wat waar geword het.

 ??  ?? TUINDAGBOE­K
TUINDAGBOE­K

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa