Weg! Platteland

Manjifieke medisynetu­in

-

Gaan skep asem, gee jou oor aan die stilte en geniet ’n teeritueel met eetgoed by die lieflike Genesingst­uin reg langs die Glaskas op Babylonsto­ren buite die Paarl.

Dié tuin is volgens die menslike liggaam uitgelê en begin by die kop en eindig by die voete, met ’n magdom medisinale kruie – iedereen met ’n interessan­te storie – vir die kwale van elke liggaamsde­el tussenin. Die kruie al langs die buitemuur volg die seisoene van somer tot winter en is spesifiek gekies om die liggaam te genees, streel en balanseer deur middel van die eeue oue teeritueel.

• Die teeritueel word elke Dinsdag om 09:30 gehou (onderhewig aan die weer). Dit kos R290 p.p. vir groepe van tot 8, en ’n 50%-deposito moet betaal word om die bespreking te bevestig. 021 863 3852 enquiries@babylonsto­ren.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa