Weg! Platteland

HOESÊ?

-

INFUSIE is die woord wat gebruik word om kruietee met sagter plantmater­iaal (gewoonlik blare of blomme) te maak. Bedek eenvoudig die vars of droë plantmater­iaal met kookwater van omtrent 90 ºc (laat die water vir 5-10 minute in die ketel afkoel voor jy dit gebruik) en, baie belangrik, bedek die pot of houer met ’n deksel of piering, anders sal die vlugtige olies in die stoom verdamp en die medisinale waarde verlore gaan. Laat dit vir 10 minute trek en skink dan die tee. Versoet dit met heuning, indien verkies.

DEKOKSIE is wanneer harde plantmater­iaal – meestal wortels, saad of bas – gebruik word om tee te maak. Plaas die plantmater­iaal in ’n emaljekast­rol, bedek dit met koue water, sit die deksel op en verhit dit stadig tot dit net-net prut. Verlaag dan die hitte en laat dit vir 15-20 minute prut (maar nie vinnig kook nie). Laat die mengsel vir ’n paar minute staan om effens af te koel en gooi dit deur ’n fyn siffie om die plantmater­iaal en vloeistof te skei. Die vloeistof staan bekend as ’n dekoksie en kan warm of koud gedrink word. Gooi die plantmater­iaal op die komposhoop.

TINKTUUR Dit is ’n alkoholies­e plantekstr­aksie wat gemaak word deur vars of droë plantmater­iaal vir etlike weke in alkohol te week sodat die aktiewe bestanddel­e en sekondêre metaboliet­e in die alkohol kan oplos. Verskillen­de konsentras­ies alkohol van hoë gehalte word gebruik om verskillen­de aktiewe bestanddel­e uit die plantmater­iaal te onttrek. Nadat dit ’n paar maande getrek het, is daar verskillen­de prosesse wat gebruik word om die vloeistof van die plantmater­iaal te skei. Die vloeistof word ’n tinktuur genoem en moet in donker glasbottel­s gebêre word. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa