Weg! Platteland

Medisinale plante Ons top 10

Dié 10 inheemse plante sal in groot dele van SuidAfrika medisinale en estetiese staatmaker­s wees, en boonop gawe insekte en voëls na jou tuin lok.

-

1 Wildeals Artemesiaa­fra Ander name African wormwood, wild wormwood (Engels); umhlonyane (Xhosa)

Wildeals was lank gelede ’n standaardp­lant op elke plaaswerf, en vandag nog is dit een van die mees algemeen gebruikte medisinale plante in SuidAfrika. Dié uiters aromatiese meerjarige struike bevat verskeie vlugtige olies, en as jy eenmaal die sterk gegeurde blare geruik of die intense bitter smaak geproe het, sal jy dit nooit vergeet nie. ’n Mens kry meer as 400 Artemisia

variëteite, maar ons inheemse meerjarige Artemisia afra met sy veeragtige grysgroen blare en geel blommetjie­s is een van die gehardste soorte wat wydverspre­id in Suid-afrika voorkom.

Medisinale gebruike Die blare word tradisione­el in water gekook om ’n sterk tee of “dekoksie” (sien die “Hoesê?”kassie op bl. 81) te maak wat help om verkoues, griep, bronchitis, koors, geïrriteer­de lugweë, koliek en selfs aambeie te verlig. Die Tswanas plaas soms ’n vars blaar in elke neusgat om ’n toe neus weer oop te kry. Vir maagaandoe­nings word ’n mengsel van wildeals en boegoe in brandewyn getrek.

By spesialisk­wekerye loop ’n mens soms Artemesia annuna en Artemesia

absinthium raak. Dié soorte is nou wel nie inheems nie, maar word ingespan om die simptome van onderskeid­elik malaria en slegte spysverter­ing te verlig.

Langdurige gebruik van wildeals word nie aanbeveel nie omdat die mentol- agtige chemiese verbinding tujoon in die liggaam kan opbou en ’n toksiese uitwerking kan hê.

Ander gebruike Die sterk reuk laat luise, vlooikewer­s, vlieë, koolskoenl­appers, ruspes en ander nadelige insekte die hasepad kies – kap van die blare fyn en strooi dit op en om plante wat beskerming nodig het. Baie boere gebruik dit op die vloer van perdestall­e en hoenderhok­ke om luise en ander goggas weg te hou. Jy kan dit ook in water laat trek en jou troeteldie­re daarmee was om hulle vlooivry te hou.

Kweek dit self Wildeals is droogtebes­tand, immergroen en groei maklik (en onnet). Die plante kan tot 2m hoog word en hou van volson en grond wat goed dreineer. In gebiede wat ryp kry, sal dit wegkwyn in die winter, maar in die lente weer ontwaak.

 ??  ?? MEDISINALE PLANTE
MEDISINALE PLANTE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa