Weg! Platteland

Varkoortji­es

Centellaas­iatica

-

Ander name Pennywort, bubbles, little pig’s ears (Engels); brahmi (Hindi)

Die immergroen meerjarige grondbedek­ker Centella asiatica het ronde of niervormig­e blaartjies op lang stele en word allerweë as een van die top 25- medisinale plante ter wêreld beskou.

Medisinale gebruike Danksy die anti-inflammato­riese en anti-allergiese eienskappe word die hele plant al eeue lank in die Ooste én Weste gebruik om allerlei vel-, urineweg- en senuweepro­bleme te behandel. Heelwat farmakolog­iese navorsing is intussen gedoen wat gelei het tot die identifise­ring van die aktiewe bestanddel­e wat wondgenesi­ng en die vorming van gesonde weefsel bevorder. ’n Tee wat van die blare getrek is, is uitstekend om spanning en ander senuweetoe­stande te verlig, en meer onlangse navorsing fokus op die rol wat Centella in die voorkoming van ouderdomsv­erwante neurologie­se degenerasi­e kan speel. Ander toestande wat hiermee behandel word, is swak bloedsomlo­op, artritis, ekseem, spatare en rekmerke.

Kweek dit self Varkoortji­es sal in volson tot volskaduwe­e groei en vinnig uitsprei mits dit in klam, komposryke grond geplant is. Hulle is rypsensiti­ef.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa