Weg! Platteland

Tongblaar

Rumexlance­olatus

-

Ander name Gladdetong­blaar (Afrikaans); common dock, smaller dock, smooth dock (Engels); idolonyana (Xhosa); idolo lenkonyane (Zoeloe); khamane, kxamane, molokoli, potaka-leleme (Sotho)

Tongblaar is familie van die suring en rabarber, en spog met groot, gladde, groen blare wat baie soos spinasiebl­are lyk. Dit word in talle lande as ’n onkruid geklassifi­seer en kom ook vrylik voor in Suid-afrika, Namibië, Lesotho, Botswana en Zimbabwe, veral langs riviere, damme en ander klam plekke. Medisinale gebruike Rumex lanceola

tus is ’n tradisione­le geneesmidd­el vir ingewandsp­arasiete (soos lint- en rondewurm), hardlywigh­eid, vaskulêre siektes en interne bloeding. Hiervoor word die wortel in water of melk gekook en die aftreksel gedrink. Vir uitwendige gebruik word die wortels en blare fyner geslaan en dié “pap” dan op wonde, sere, absesse, pitswere en swelsels gepak om dit op te klaar. Die blare bevat potensieel toksiese oksaalsuur en moet dus liefs nie inwendig gebruik word nie.

Kweek dit self Die plante is waarskynli­k te groot en onnet vir kleiner tuine (en hulle blomme is vergeetbaa­r). Kies ’n klam plek in die tuin en hou dit goed dop sodat dit nie oorneem nie.

 ??  ?? MEDISINALE PLANTE
MEDISINALE PLANTE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa