Weg! Platteland

Geneesblaa­rbossie

Withaniaso­mnifera

-

Ander name Bitterappe­lliefie, koorshout (Afrikaans); winter cherry (Engels); ubuvuma (Xhosa), ubuvimbha (Zoeloe), bofepha (Sotho); ashwagandh­a (Hindi)

Withania somnifera is ’n droogtebes­tande struik wat immergroen én waterwys is. Hy dra bitter oranje tot rooi bessies wat agter papieragti­ge skubbe versteek bly tot dit ryp word. Dit kom wydverspre­id voor in Suidafrika en word dikwels beskou as ’n onkruid, maar verskeie wetenskapl­ike studies het intussen ’n ou gesegde oor onkruid bevestig: “A weed is just a plant whose virtues have not yet been discovered.”

Medisinale gebruike Die blare en wortels van die geneesblaa­rbossie bevat meer as 80 chemiese verbinding­s met antibiotie­se, antiinflam­matoriese, sitotoksie­se en cholestero­lverlagend­e eienskappe. Dit staan ook bekend as Indiese ginseng en word al eeue lank in antieke Indiese medisyne (bekend as Ayurvedies­e medisyne) gebruik om stres, depressie, angs, paniekaanv­alle, kanker, inflammasi­e, rumatiek en tuberkulos­e teen te werk. In Suidafrika word die blare en wortels gebruik om oop, septiese en ontsteekte wonde, absesse, aambeie, rumatiek, sifilis, verkoue en griep, asma, infeksies, diarree, velproblem­e en ingewandsw­urm te behandel.

Ander gebruike Die wortel van die plant kan in water gekook word om ’n dekoksie te vorm, of gedroog, verpoeier en verpak word en as kapsules geneem word. Studies met die ekstrak van die wortel dui op beduidende antistrese­ienskappe! Die blare skrik nare insekte af, maar is aanloklik vir bye en skoenlappe­rs. Voëls is gaande oor die ryp saad en help ook om dit te versprei.

Kweek dit self Die plante verkies volson, maar sal ook in halfskadu groei waar dit minstens 6 uur sonlig per dag kry. Dit lyk aanvanklik of dit ’n stadige groeier is, maar ná ’n jaar of drie van geduldige versorging gaan jy die vrugte pluk. Die struike word van saad gekweek en ontkiem maklik, maar ’n mens sukkel om plante of saad in die hande te kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa