Weg! Platteland

6 goeie redes om artisjokke te kweek

-

1 KOS Artisjokpl­ante produseer groot groen distelagti­ge blomme – as jy dit oes voor die blomme oopgaan, is dit ’n heerlik veelsydige lekkerny met ’n unieke aardse, neuterige geur. Die blomme bevat sinarien, ’n verbinding wat die smaakknopp­ies stimuleer en lawwe kos glo beter laat smaak.

2 GESONDHEID­SVOORDELE Artisjokke is ’n goeie bron van fitochemie­se stowwe en vesel, en bevat ook vitamien C, foliensuur, magnesium, kalium, fosfor, koper en mangaan (trouens, geen ander groentesoo­rt bevat méér magnesium en kalium nie). Hulle is propvol polifenole en flavonoïed­e, twee antioksida­nte wat die kans op ’n beroerte verlaag. Boonop kan dit jou hart help beskerm omdat dit cholestero­lvlakke verlaag – dis danksy die sinarien, wat die lewer se produksie van gal opstoot en die vloei van gal uit die galblaas aanhelp. Gal speel ’n sleutelrol in die uitskeidin­g van oortollige cholestero­l uit ons liggaam. Artisjokke word in alternatie­we geneeskund­e gebruik om spysverter­ing aan te help. Hulle is ryk aan inulien, ’n prebiotika wat die groei van voordelige bakterieë in die spysverter­ingskanaal aanhelp. Volgens antieke volksoorle­wering kan die artisjok nie net ’n voorbehoed­middel wees nie, maar ook ’n seksstimul­ant.

3 TUINDRAMA Die plante vra nie baie aandag nie, maar hulle groot ornamentel­e silwergroe­n blare verhoog die dramatiese trefkrag van enige tuin. En as jy nie die blomknoppe oes om te eet nie, ontwikkel hulle in die lente tot ’n pers skouspel wat talle voordelige insekte soos bye, houtkapper­bye en vlinders lok.

4 BLOMMEKUNS Die blomme – oop, toe en selfs droog – én die stekelrige ornamentel­e blare verrig wondere in enige blommerang­skikking.

5 KOMPOSKONI­NGS Artisjokke is dinamiese opgaarplan­te (plante wat spesifieke minerale uit die grond opneem en dit in die stele en blare berg). As jy die blare afsny en op die komposhoop gooi, stel jy dié minerale beskikbaar aan ander plante waarby jy die kompos gebruik. Boonop is die meeste dinamiese opgaarplan­te goeie komposakti­veerders.

6 WINSKOOP Dié fynproewer­skos is enige lui tuinier se droom, maar dra in supermarkt­e ’n stewige prysetiket.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa