Weg! Platteland

Artisjokpe­sto

-

Jy kan dié veelsydige pesto voorsit as ’n doopsous saam met groente- en broodstokk­ies, of roer dit deur gaar pasta van jou keuse óf probeer dit saam met gekookte baba-aartappels vir ’n byderwetse aartappels­laai. Die pesto vries goed. Maak 2 flessies van 250 ml elk Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

JY BENODIG

• 4 groot knoffelhui­sies (met die skil) • ½ koppie (125 ml) amandelvlo­kkies,

liggies gerooster (sien die metode) • ’n hand vol roketblare • 1½ koppie (375 ml) vars gaar, geblikte of ingemaakte artisjokha­rte, gedreineer • sap en fyngeraspe­rde skil van

2 suurlemoen­e • 1 koppie (250 ml) fyngeraspe­rde parmesaank­aas • ½ koppie (125 ml) olyfolie ( jy sal

dalk ekstra nodig hê)

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Draai die knoffel in foelie toe en rooster dit vir omtrent 20 minute tot sag. Sprei die amandels op ’n bakplaat uit en rooster dit vir ’n paar minute in die oond tot dit liggies begin verkleur. (Dié stap klink dalk na onnodige moeite, maar moenie probeer kortpaaie vat nie – die geur van die geroosterd­e knoffel en amandel is onverbeter­lik.)

Verpulp die roketblare, artisjokha­rte en die sap van 1 suurlemoen saam in ’n voedselver­werker. Druk die sagte pulp van die knoffel uit en voeg dit saam met die suurlemoen­skil, parmesaan en neute by die artisjokke en pols dit ’n paar keer. Drup die olyfolie in ’n dun straaltjie by en pols dit tot alles goed gemeng is.

Proe en geur dit na smaak met sout, varsgemaal­de swartpeper en nog suurlemoen­sap. Jy kan ook nog olie byvoeg tot die tekstuur is soos jy daarvan hou. Bêre die pesto in die yskas en gebruik dit binne ’n week. Of skep dit in ’n sakkie en hou dit in die vrieskas. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa