Weg! Platteland

Gemarineer­de artisjokke

-

Eksperimen­teer gerus met geurmiddel­s van jou keuse. Dié heerlike artisjokke sal vir etlike weke in die yskas hou. Maak 1 groot fles Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 10 minute plus marineerty­d

JY BENODIG

• 8-10 vars jong artisjokke, skoongemaa­k

(aanwysings op bl. 100) • ½ koppie (125 ml) rooiwynasy­n • ½ koppie (125 ml) water • 3 knoffelhui­sies, in skyfies gesny • ½-1 rooi brandrissi­e, ontpit en fyngekap • 1 teelepel (5 ml) sout • 2 lourierbla­re • ¼ teelepel (1,25 ml) heel

swartpeper­korrels, gekneus • olyfolie

SÓ MAAK JY

Sterilisee­r ’n fles van sowat 750 ml. Pak die skoongemaa­kte artisjokke daarin sodat dit mooi knus pas.

Verhit die rooiwynasy­n en water tot kookpunt, roer die knoffel, rissie, sout, lourierbla­re en swartpeper­korrels by en gooi dit oor die artisjokke. Gooi olyfolie bo-oor en sorg dat die artisjokke heeltemal met vloeistof bedek is.

Verseël die fles en skud dit goed. Laat dit buite die yskas staan tot die vloeistof heeltemal afgekoel het voordat jy dit in die yskas bêre en vir minstens 2 dae laat staan voordat jy dit gebruik.

 ??  ?? KOOK MET ARTISJOKKE
KOOK MET ARTISJOKKE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa