Weg! Platteland

Risotto met pangebraai­de artisjokke

-

Panbraai skoongemaa­kte jong artisjokkw­arte in botter en roer dit deur die risotto, of gebruik gemarineer­de artisjokke as jou tyd skraps is.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 40 minute

JY BENODIG

• 3 vars artisjokke, skoongemaa­k

(of 1 koppie ingemaakte artisjokha­rte) • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie • 1 ui, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 1 koppie (250 ml) droё witwyn • 1 koppie (250 ml) arboriorys • 1,5 ℓ kokende warm groenteaft­reksel • ¼ koppie (60 ml) botter • ¼ koppie (60 ml) fyngeraspe­rde parmesaank­aas • mikrokruie en -slaaiblare om voor te sit

SÓ MAAK JY

Maak die artisjokke skoon en sny elke halwe in 4 wiggies. Hou dit in suurlemoen­water tot jy dit gaan gaarmaak.

Verhit die olie in ’n groot swaarboomp­an en soteer die ui vir omtrent 2 minute daarin. Laat die artisjokke deeglik dreineer voor jy dit in die pan skep en vir sowat 3 minute soteer tot dit ’n goue kleur kry. Voeg die knoffel en wyn by en soteer dit verder tot die helfte van die wyn weggekook het. Voeg nou die rys by en soteer dit vir 4 minute. Voeg ’n soplepel van die kokende aftreksel op ’n slag by die rys en wag tot dit geabsorbee­r word voordat jy die volgende lepel byvoeg. Hou die laaste koppie aftreksel eenkant. Ná 20 minute behoort die rys al dente te wees.

Meng die botter en parmesaan vinnig deur die risotto – dié roeraksie sorg dat dit romeriger is. Proe en geur die risotto na smaak met sout en varsgemaal­de peper. Voeg nog aftreksel by om die risotto losser te maak en sit dit dadelik voor met mikrokruie­en slaaiblaar­tjies. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa