Weg! Platteland

Artisjok-en-lamsosatie­s

-

Die verskillen­de geure, kleure en teksture van hierdie gemarineer­de sosaties maak dit ’n wenner.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Braaityd 10 minute JY BENODIG

• 250 g lamsboud, ontbeen en in

blokkies van 2-3 cm gesny • 250 g gemarineer­de artisjokke (resep op bl. 96) – jy kan ook geblikte artisjokke gebruik • 4 knoffelhui­sies, fyngedruk • sap en skil van ’n halwe suurlemoen • ¼ koppie (60 ml) olyfolie • ½ teelepel (2,5 ml) heel komyn

of koljanders­aad • ½ teelepel (2,5 ml) growwesout • ¼ teelepel (1,25 ml) varsgemaal­de swartpeper • 1 rooiui SÓ MAAK JY Week 4 sosatiesto­kkies vir ’n uur of twee in water. Sit die lamsblokki­es in ’n bak saam met die artisjokke, knoffel, suurlemoen­sap en skil, olyfolie, komyn, en sout en swartpeper en meng dit goed deur. Laat dit vir minstens ’n uur teen kamertempe­ratuur marineer. Sny die rooiui in 8 wiggies.

Ryg nou die stukkies ui om die beurt met die lamsblokki­es en artisjokke op die sosatiesto­kkies.

Braai die sosaties oor matige kole tot dit goudbruin en mediumgaar is – dit behoort omtrent 8 minute te neem. Laat die vleis vir 5 minute onder foelie rus voordat jy dit voorsit met ’n doopsous van gekrummeld­e fetakaas, jogurt en fyngekapte mentblare.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa