Weg! Platteland

Só maak jy dit skoon

-

1 Gebruik ’n skerp getande mes soos ’n broodmes om (ten minste) die boonste derde van die artisjok se blare af te sny – jy sal weet jy het genoeg afgesny as jy die pers blaartjies in die kern kan sien.

2 Trek die harde buitenste blare een vir een af tot die liggeel binneblare sigbaar is. Sny dan die stingel met ’n skerp groentemes­sie teen die basis af.

3 Sny die harde dele af waar die blare en die stingel bymekaarko­m en gebruik dan ’n groenteski­ller om die oorblywend­e stukkie stingel en die basis van die artisjok glad te sny.

4 Smeer die skoongemaa­kte artisjokke deurentyd met vars suurlemoen om te keer dat dit bruin word.

5 Sny die artisjokke in die lengte middeldeur. Knyp die klein pers blaartjies in die middel tussen jou vingers vas en pluk dit met ’n ferm beweging uit. Gebruik ’n teelepel om die harige kern uit te skraap. Al wat moet oorbly, is die liggeel sagte blare en die skoonbasis sonder enige “baard” of pers blaartjies.

6 Jy kan die artisjokke nou in kwarte sny as jy wil, maar sit dit dadelik in water met suurlemoen­sap om te keer dat dit bruin word. Die artisjokke is gereed om te kook, soteer of in te lê. As ’n resep spesifiek vir artisjokha­rte vra, breek jy die orige stuk stingel en enige oorblywend­e blare af – wat oorbly, is die hart.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa