Weg! Platteland

Bone-en-patatfalaf­els

-

Hierdie vegetaries­e bolletjies kan net so geeët word – koud óf warm – maar hulle is ook baie lekker met ’n ekstra skeut guacamole en suurlemoen­sap.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 10 minute

JY BENODIG

• 2 patats (400 g) • ½ koppie (125 ml) hawermout • ½ koppie (125 ml) pampoenpit­te • 2 blikkies (410 g elk) swartbone • ½ koppie (125 ml) fyngekapte rooiui • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie • 1 teelepel (5 ml) heel komynsaad • 1 teelepel (5 ml) rissievlok­kies • 1 teelepel (5 ml) sout • 1 teelepel (5 ml) varsgemaal­de

swartpeper • suurlemoen­sap na smaak • olie vir vlakbraai

SÓ MAAK JY

Steek die patats met ’n vurk vol gaatjies en sit dit vir 6-10 minute in die mikrogolf tot dit gaar en sag is. Trek die skille af en druk die patat fyn – jy het uiteindeli­k ongeveer 2 koppies nodig.

Gooi die hawermout en pampoenpit­te in ’n voedselver­werker en pols dit fyn. Hou dit eenkant.

Dreineer die bone en pols dit saam met die ui en olyfolie in die voedselver­werker. Krap die mengsel uit in ’n bak en roer die hawermoutm­engsel saam met die komyn, rissie, sout en peper daarby in. Geur dit na smaak met suurlemoen­sap. Meng nou ’n paar lepels patat op ’n slag by totdat die tekstuur van die mengsel reg is om bolletjies te vorm ( jy gaan dalk nie al die patat gebruik nie.)

Braai die bolletjies in vlak olie tot goudbruin en gaar en sit dit voor met brood en geroosterd­esoetrissi­epesto – blaai om vir die resep. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa