Weg! Platteland

Mielie-ontbytmuff­ins

-

Vir hierdie muffins gebruik jy eers van die eiers om roereier te maak – daarom is dit ’n stewige ontbythapp­ie. Hulle is op hulle beste warm of teen kamertempe­ratuur – moenie dit in die yskas hou nie. Maak 12 muffins Bereidings­tyd 20 minute Baktyd 15 minute

JY BENODIG

• 3 eetlepels (45 ml) botter • 6 eiers • 1½ koppie (375 ml) mieliepitt­e • 2 eetlepels (30 ml) heuning • 1 koppie (250 ml) meel • ½ koppie (125 ml) mieliemeel of polenta • ½ eetlepel (7,5 ml) suiker • 1 teelepel (5 ml) sout • 2½ teelepels (12,5 ml) bakpoeier • ¼ teelepel (1,25 ml) koeksoda • ’n knippie varsgemaal­de swartpeper • 2 teelepels (10 ml) rissievlok­kies • ¼ teelepel (1,25 ml) gerookte paprika • 1 koppie (250 ml) melk • ¼ koppie (60 ml) botter, gesmelt • ½ koppie (125 ml) fetablokki­es • 1 koppie (250 ml) sterk cheddarkaa­s

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 200 ºc en smeer die 12 holtes van ’n standaardm­uffinpan.

Smelt 1 eetlepel botter in ’n pan en roerbraai 4 van die eiers daarin. Skep die roereier uit en hou dit eenkant. Smelt die oorblywend­e 2 eetlepels botter in dieselfde pan en braai die mieliepitt­e. Voeg die heuning by – die mielies moet karamellis­eer en goudbruin word.

Meng die meel, mieliemeel, suiker, sout, bakpoeier, koeksoda, swartpeper, rissie en paprika saam. Klits die melk, die ¼ koppie gesmelte botter en die orige 2 eiers saam, en vou dit deur die meelmengse­l. Vou laastens die gebraaide mielies, roereier, feta en cheddar deur die beslag en meng dit goed deur. Verdeel die beslag tussen die muffinpan se holtes en bak dit vir 15 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Sny die muffins deur en sit dit voor met ’n smeersel botter en kaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa