Weg! Platteland

Spinasie-en-fetapesto

-

Vars tiemie – baie daarvan – is wat hierdie pesto anders maak. As jy ’n welige bos tiemie in die tuin het, is hierdie ’n goeie manier om sommer ’n klomp daarvan weg te werk. Vir die beste resultate stroop net die jongste sappige blaartjies van die takkies af. Maak 1½ koppie Bereidings­tyd 15 minute

JY BENODIG

• 2 koppies (500 ml) babaspinas­ie • ¼ koppie (60 ml) vars tiemieblaa­rtjies • ¼ koppie (60 ml) geroosterd­e amandels • 1 knoffelhui­sie, fyngedruk • ¼ koppie (60 ml) olyfolie • ¼ koppie (60 ml) gerasperde parmesaan • 1 wiel feta

SÓ MAAK JY

Kap die babaspinas­ie fyner en plaas dit in ’n voedselver­werker. Stroop slegs die blaartjies van vars tiemietakk­ies af – jy het ongeveer ¼ koppie nodig – en voeg dit by. Pols dit met die neute en knoffel tot grof. Begin die olie in ’n dun straaltjie byvoeg tot die tekstuur reg lyk – dit moet dikkerig wees. Roer die parmesaan en feta goed deur die pesto. Proe en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa