Weg! Platteland

RESEP #2

Skottelgoe­dpoeier

-

Ek was skepties oor dié Spotless-resep, veral omdat die mengsel glad nie skuim nie, maar alles was mooi skoon!

JY BENODIG

• 1 koppie (250 ml) koeksoda • 1 koppie (250 ml) Engelse sout

SÓ MAAK JY

Meng die bestanddel­e, bêre dit in ’n lugdigte glasfles en gebruik 1-2 eetlepels (15-30 ml) per wasbak skottelgoe­d. Voeg 2 eetlepels (30 ml) sitrusskil­asyn of suurlemoen­sap by as die skottelgoe­d baie vetterig is.

UIT DIE WINKEL

Earthsap Citrus Dishwashin­g Liquid Ek gebruik dié lieflike, natuurlike produk al jare lank. Dit skuim effens, vat nie nonsens van vuil skottelgoe­d nie en ruik na lemoen. Dit werk sagkens met jou hande en is selfs geskik vir mense wat met ekseem sukkel.

Prys R52 vir 750 ml

Platteland sê

Die tuisgemaak­te poeier werk goed en is goedkoop en vinnig om te maak – pak ’n flessie in jou rugsak as jy op ’n staptog gaan. Ek verkies egter steeds skuimbolle en ’n lekker geur as ek skottelgoe­d was.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa