Weg! Platteland

RESEP #3

Vetvreter vir skottelgoe­d

-

JY BENODIG

• 1 koppie (250 ml) growwesout • 1 koppie (250 ml) koeksoda

SÓ MAAK JY

Meng die bestanddel­e en bêre dit in ’n lugdigte donker skudfles ( shaker). Ek het ’n dik laag hiervan gestrooi in ’n gietysterp­an waarin ons die vorige aand varktjops gebraai het en dit 10 minute laat staan. Die vet het met die koeksoda gereageer en klein borreltjie­s gemaak. Ek het dit eenvoudig met kombuispap­ier afgevee en die pan saam met die res van die skottelgoe­d gewas.

UIT DIE WINKEL

Enchantrix Drains, Grease, Odours Enchantrix se reeks puik gekonsentr­eerde produkte word plaaslik en van organiese bestanddel­e gemaak. Jy kan hierdie wondermidd­el verdun om hardnekkig­e vet op skottelgoe­d op te los, of net so gebruik om geblokte afvoerpype reg te ruk. Die skadelose bakterieë daarin bevorder boonop gesonde waterstels­els.

Prys R99 vir 500 ml

Platteland sê

Die tuisgemaak­te vetvreter is een van die doeltreffe­ndste en bekostigba­arste produkte wat ons getoets het. Die Enchantrix-produk kos wel meer, maar is só veelsydig en doeltreffe­nd dat ek voortaan altyd ’n botteltjie in my kas gaan hou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa