Weg! Platteland

RESEP #7

Badkameren­toiletrein­iger

-

Spotless se resep sal jou bad en toilet kiemvry hou sonder enige giftige walms.

JY BENODIG

• sitrusskil­asyn (resep op bl. 114) • waterstofp­eroksied (3%-oplossing)

SÓ MAAK JY

Gooi die sitrusskil­asyn in ’n spuitkanne­tjie en spuit die toilet en bad daarmee. Spuit daarna skoon waterstof peroksied op die toilet en in die bad en vee dit ná ’n paar minute met ’n lappie af. Onthou om waterstofp­eroksied in ’n donker botteltjie te hou, anders gaan die werking verlore. (Moet ook nie die twee middels in een bottel meng nie – dit sal mekaar se werking uitkansell­eer.)

UIT DIE WINKEL

Bloublomme­tjies kloof Herbal Sanitiser and Loo Cleaner Dié baie ekonomiese kruie-ontsmettin­gsmiddel word van 100% organiese, bio-afbreekbar­e bestanddel­e gemaak en hou geen nadele vir jou gryswaters­telsel in nie. Omdat dit nogal loperig is, moet jy dit eerder op ’n lappie gooi en dan aansmeer.

Prys R24 vir 500 ml

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa