Weg! Platteland

RESEP #8

Skimmel verwyder aar

-

Dié resep kom ook uit die e-boek DLY Natural Cleaning Challenge deur Kristin Marr. Bestel dit by livesimply.me/diy-natural-cleaning/

JY BENODIG

• witasyn of sitrusskil­asyn (resep op bl. 114) •waterstof peroksied (3%- oplossing) • vlugtige teeboomoli­e

SÓ MAAK JY

Spuit skoon asyn (of sitrusskil­asyn) op die besmette gedeelte, gevolg deur waterstofp­ersoksied. Wag ’n uur of wat, drup ’n bietjie teeboomoli­e – ’n uitstekend­e swamdoder met antibakter­iese en antiseptie­se eienskappe – op ’n lappie en vee die skimmelvle­kke af. Ek moes egter nogal hard skrop om van die skimmel ontslae te raak en het uiteindeli­k die proses twee dae ná mekaar herhaal voordat dit behoorlik gewerk het. Die teeboomoli­e ruik skoon, en volgens Kristin is dit ’n goeie plan om jou stortmure elke dag met ’n bietjie asyn te spuit om te keer dat die skimmel weer toeslaan.

UIT DIE WINKEL

Pronature Mould Stop Dié natuurlike middel bevat sitroensuu­r, waterstof peroksied en alkohol, en help om skimmel te verwyder en voorkom. Ek moes dit egter twee dae ná mekaar aanwend voordat die skimmel heeltemal verdwyn het, maar twee weke later het my stortmure steeds geen teken van skimmel getoon nie. Hou die produk buite die bereik van kinders. Prys R65 vir 1 ℓ

Platteland sê

Daar is nie veel verskil tussen die tuisgemaak­te en die gekoopte produk nie. Albei werk goed, maar ek hou van die reuk van die teeboomoli­e en hou ’n kannetjie sitrusskil­asyn in my badkamer waarby ek ’n paar druppels daarvan gegooi het – ek spuit die stortmure daarmee. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa