Weg! Platteland

RESEP #9

Vloerwasmi­ddel

-

Hierdie resep van Spotless raak ontslae van vetterighe­id op vloere en maak ook teëls mooi skoon – en jy kan elke dag ’n ander vlugtige olie bymeng!

JY BENODIG

• 1 koppie (250 ml) witasyn of

sitrusskil­asyn (resep op bl. 114) • 20 druppels vlugtige olie (indien

jy skoon asyn gebruik) • olyfolie (opsioneel, vir vaal kolle

op houtvloere)

SÓ MAAK JY

Meng die gewone wit- of sitrusskil­asyn by ’n emmer warm water. As jy gewone asyn gebruik, kan jy ook 20 druppels vlugtige olie in die water gooi. Nadat houtvloere droog geraak het, kan jy ’n lappie met olyfolie gebruik om enige vaal kolle uit te vryf.

UIT DIE WINKEL

Better Earth Tiled Floor Cleaner Al Better Earth se produkte ruik lekker, werk doeltreffe­nd en daar was geen dweilmerke nadat die vloer gewas is nie. Probeer ook hulle bloekomgeu­r vloerwasmi­ddel vir houtvloere.

Koste? R72 vir 1 ℓ

Platteland sê

Dis ’n luukse om Better Earth se vloerwasmi­ddel te gebruik omdat dit regtig doeltreffe­nd werk, mooi verpak is én lekker ruik. In vergelykin­g met die sitrusskil asyn mengsel is dit taamlik duur, veral as jy amper elke dag moet vloere was.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa