Weg! Platteland

RESEP #11

Hout-en-leerolie

-

Nog een van Spotless se resepte wat hout én leer pragtig laat blink.

JY BENODIG

• ½ koppie (125 ml) olyfolie • ½ koppie (125 ml) appelasyn of sitrusskil­asyn (resep op bl. 114) • mielieblom (opsioneel)

SÓ MAAK JY

Skud die olie en asyn in ’n fles en gebruik dit op hout of leer – neem jou tyd om dit behoorlik in te vryf. Om oortollige olie te absorbeer kan jy mielieblom oorstrooi en dit afvryf.

UIT DIE WINKEL

Simply Bee Wood Polish Simply Bee se voortrefli­ke produkreek­s word op Hopefield in die Swartland gemaak. Die houttafel en leerbanke wat ons met dié politoer van byewas en olyfolie behandel het, het dae later nog soos nuut gelyk – ek gebruik dit sommer ook op my lippe of as handeroom. ’n Puik produk.

Prys R100 vir 125 ml

Platteland sê

As jy hope hout- en leermeubel­s het, is die olyfolieen-asynmiddel ’n goeie en werklik ekonomiese oplossing. Dit werk beslis beter as die bekende produkte in spuitblikk­ies. Die Simply Bee-politoer word van puik natuurlike bestanddel­e gemaak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa