Weg! Platteland

RESEP #10

Ruit-en-spieëlwasm­iddel

-

Danksy dié resep van Spotless het ons ruite en spieëls behoorlik geskitter.

JY BENODIG

• 1 koppie (250 ml) sitrusskil­asyn (resep op bl. 114) of waterstof peroksied • ’n knypie mielieblom

(opsioneel)

SÓ MAAK JY

Meng ’n koppie water met die koppie sitrusskil­asyn en gooi dit in ’n spuitkanne­tjie. Jy kan ook ’n bietjie mielieblom by die asynmengse­l gooi wat sal sorg dat daar geen merke op die ruite agterbly nie. Anders kan jy eenvoudig waterstof peroksied direk uit ’n kannetjie op ruite en spieëls spuit en dit dan met koerantpap­ier blinkvryf.

UIT DIE WINKEL

Truth Glass and Surface Cleaner Dié produk in ’n nuttige spuitkan het ’n vars sitrusreuk en werk net so goed, indien nie beter nie, as die bekende kommersiël­e produkte. Ons glasblaaie, spieëls en vensters was skitterbli­nk sonder enige vryfmerke. Prys R47 vir 800 ml

Platteland sê

Albei is ekonomiese keuses, en albei werk regtig uitstekend.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa