Church Street Kitchen Gardens
Tulbagh, Wes-kaap
Van ’n droom tot gelykbreek In 2008 het Jayson Augustyn-clark, eienaar en operateur van die hotelbesigheid Cape Dutch Quarters op Tulbagh, ’n oop stuk grond op die dorp gekoop met die plan om ’n kombuistuin op die been te bring. Die droom het eers in 2014 ’n werklikheid begin word toe Dream Tulbagh, ’n plaaslike nie regeringsorganisasie wat hom beywer vir die verbeteringe n verfraaiing van die dorp, betrokke geraak het. Die grond van altesame 1 ha was die eiendom van drie partye: Jayson, die KW Ven die Suid- afrikaanse Erfenishulpbron agentskap, en daarom was die eerste stap om die grondeienaars sover te kry om die konsep te aanvaar.
Daarna het die enorme taak voorgelê om die grond skoon te maak: Dit was oortrek met digte riete en wingerdwortels (die KWV het vroeër ’n proefwingerd op die grond gehad).
“Op ’n dag bel die voorsitter van Dream Tulbagh en sê hulle bring die volgende oggend tien werkers,” onthou Jayson. “Dis ongelooflik hoeveel ons in daardie eerste paar maande uitgerig het.” Kwekerye het plante geskenk, boere het arbeid en toerusting beskikbaar gestel, en lede van die gemeenskap het hulle tyd gegee. Intussen het die tuin – wat teen dié tyd deur Dream Tulbagh bestuur is – beduidende befondsing van die Kaapse Wynlandmunisipaliteite n Distel l bekom.
Dit klink dalk of dinge seepglad verloop het, maar dit was beslis nie die geval nie, sê Jayson. “Ek is ’n baie positiewe mens, maar op ’n kol het ek gevoel die tuin maak my depressief.”
In ’n suksesvolle tuin moet baie dinge reg loop en absoluut niks verkeerd nie. Voëls het ganse tamatieoeste uitgewis; diewe het ingebreek en kruiwaens vol mielies en botterskorsies weggedra; en die aanvanklike entoesiasme van vrywilligers het stadig maar seker opgedroog. Boonop het die een ná die ander werknemer uitgeval... totdat net die hooftuinier, Kadebona “Themba” Maarman, en deeltydse bestuurder, Roberto Beyers, oor was. (Roberto gebruik die geld wat hy verdien om vir sy ingenieurstudie te betaal, en daarom is hy dikwels in Kaapstad.)
Mettertyd het Jayson, wat elke oggend en aand ’n uur of twee in die tuin werk, begin besef wat die belangrikste les van ’n gemeenskapstuin is: Elke suksesvolle tuin moet gelei word deur een of twee gemotiveerde, innoverende mense met ’n goeie aanvoeling vir entrepreneurskap.
“Ek het in der waarheid die woord ‘gemeenskap’ heeltemal uit die naam gehaal,” lag hy, “want dit het mense laat voel iemand skuld hulle iets.”
Wat begin het as “’n ideale situasie” – met Dream Tulbagh wat ’n groot deel van die steun bied wat Jayson nodig gehad het vir die tuin wat hy wou hê – het kort voor lank ingewikkeld begin raak. Jayson moes byvoorbeeld ’n ruk lank effens teen sy sin voorsitter van
Dream Tulbagh wees, en die medestigters van die tuin het stadigaan ál minder betrokke geraak.
Jayson stoot nog elke maand geld in die tuin, maar deur te fokus op sy sterk punte en sleutelverhoudings binne die gemeenskap te vorm het die Church Street Kitchen Gardens ’n punt bereik waar hulle amper gelykbreek. Hulle is een van die min tuine in die WesKaap wat spog met ’n byna onbeperkte voorraad “stinkwater” uit die plaaslike rioolaanleg. Hulle belug (en suiwer dus) die water in ’n ou sementreservoir voor dit gebruik word. Hy het ook onderhandel vir skenkings: hout van ’n boer en net van Norcenet om “hokke” te bou wat die voëls weghou.
“Hierdie,” sê Jayson en hou triomfantelik ’n tamatie in die lug wat op die punt is om ryp te word, “is die eerste volgrootte tamatie wat ons suksesvol gekweek kry.”
Jayson het ook opgehou om groente te plant wat maklik gesteel word – nou fokus hy daarop om plaaslike restaurante te voorsien van eksotiese vars produkte wat andersins net in die Kaap beskikbaar is.
Vir Tara Essenhigh, sjef by The Tulbagh Boutique Heritage Hotel, is die tuin soos ’n gawe van bo: “Al wat ons doen as ons desperaat is vir iets, is om vir Jayson te bel, en hy lewer dit nog dieselfde dag af – gewas en geweeg en alles.”
Buiten dié reddingspogings so op die nippertjie laat weet Tara en die ander sjefs van die omgewing ook vooraf vir Jayson wat hulle op hulle spyskaart beplan sodat hy volgens hulle spesifieke behoeftes kan plant. Kersietamaties, eiervrug, krulkool, spinasiebeet en vlapampoentjies is almal gewild, maar dis babaslaaiblare wat verreweg die grootste verkoper is.
Jayson is verlig dat hy die leisels van Dream Tulbagh kon oorhandig aan Kevin Beaumont, voormalige besturende direkteur van die tydskrif
The Gardener en die dryfkrag agter die tuin se skuif na permakultuur. Kevin is ook aan die spits van die tuin se vrugteboord – iets wat Jayson
hoop die tuin uiteindelik by ’n punt sal bring waar hulle ’n wins maak. As die boord klaar is, sal hulle “10 van alles hê wat op Tulbagh groei” – maar vrugtebome neem ’n tydjie om groot te word en weens die droogte het van die bome wat kwekerye beloof het, nooit ’n werklikheid geword nie.
Kevin, wat reg oor Suidafrika en in Europa gaan kyk het wat ander gemeenskapstuine doen, is deeglik bewus daarvan dat agterplaastuine dikwels beter werk as gemeenskapstuine. Daarom wil hy graag die tuin ontwikkel tot meer van ’n opleidingsentrum waar mense kan leer hoe om ’n suksesvolle groentetuin by die huis te begin. “Ons beweeg weg van die idee om mense te voed,” sê hy, “en probeer eerder vir hulle die middele gee om hulleself te voed. Wat ons hier het, is ’n gulde geleentheid om mense uit al die sektore van die samelewing te leer. Enige groente wat in ’n huisof gemeenskapstuin gekweek word, is ’n ete wat nie van elders af ingevoer hoef te word nie.” >