Weg! Platteland

Saadbewari­ng in die voorstede

-

“Ek is besig om ’n Amasone hier in Tokai te skep!” Saskia Schelling maak nie ’n grap nie. In die vyf jaar wat dit haar geneem het om as ’n permakultu­urontwerpe­r te kwalifisee­r, het sy en haar man, Rex, hulle dorstige tuin verander in ’n“stadsplaas­huis” wat kos produseer vir die gesin.

“Ons het ’n groot finansiële uitdaging gehad en móés ons eie groente begin kweek. Maar ek wou dit ook doen. Die kinders sou hulle maats oornooi en dan sou hulle my met vrae peper – en dít het gelei tot werksessie­s vir vriende, familie en uiteindeli­k enigiemand wat belang stel.”

Vandag bied Saskia werksessie­s aan oor onderwerpe soos die bewaring van saad; sy verkoop saad en vars produkte; en sy kommunikee­r met lede van haar gemeenskap deur middel van die virtuele Urban Farmstall op Facebook.“ons bring verkopers by kopers uit, en mense ruil produkte vir vars produkte – dus is dit ’n manier om die oorvloed rondom ons te ondersteun. Ek het ’n visie oor die manier hoe ons kan leef, en ek voel hartstogte­lik daaroor!”

Vir meer inligting gaan na urbanfarmn­ursery.co.za, urbanfarms­tall.co.za, urbanfarms­tead. co.za en planterbox.co.za.

 ??  ?? Saskia Schelling (regs onder) en haar man, Rex, het hulle voorstedel­ike tuin in Tokai, Kaapstad, verander in ’n plek waar kos volop groei. Saskia hou ook hier werksessis vir die gemeenskap, ook kinders.
Saskia Schelling (regs onder) en haar man, Rex, het hulle voorstedel­ike tuin in Tokai, Kaapstad, verander in ’n plek waar kos volop groei. Saskia hou ook hier werksessis vir die gemeenskap, ook kinders.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa