Weg! Platteland

Groen & goud

Voeg heilsame warm speserye by die vars blareoes uit jou herfstuin en jy het ’n wenkombina­sie!

-

Hoenderker­rie met spinasie

Hier is ’n vinnige, maklike en ekonomiese hoenderker­rie.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 12 minute

JY BENODIG

• 4 vryloop-hoenderbor­sies (sonder vel) • 2 teelepels (10 ml) Ina Paarman se Suurlemoen-en-swartpeper­geursel of Masalaspes­erye • 1 koppie (250 ml) warm water • 1 eetlepel (15 ml) Ina Paarman se Hoenderaft­rekselpoei­er of 2 x 25 g Ina Paarman se Vloeibare Hoenderaft­reksel • 1 ui, gekap • 1 groot bossie spinasie, fyngesnipp­er • 1 sakkie (200 ml) Ina Paarman se

Tikkakerri­e-coat & Cook-sous • ½ koppie (125 ml) vars room

of klappermel­k • ½ pakkie (15 g) vars koljanderb­lare

SÓ MAAK JY

Geur die hoender met Suurlemoen-en-swartpeper­geursel. Skink die water in die pan en voeg die Hoenderaft­rekselpoei­er of -vloeistof plus die ui by. Pak die hoenderbor­sies in ’n enkellaag op die ui en sit die deksel op. Verhit die pan tot kookpunt en prut die mengsel vir 3 minute. Draai die borsies om en kook dit vir nog 3 minute. Skep die hoender met ’n gaatjiesle­pel uit en laat dit eenkant rus.

Voeg intussen die spinasie by die aftreksel en ui in die pan en kook dit sonder die deksel oor hoë hitte tot die spinasie verlep. Sny die hoenderbor­sies diagonaal in skyfies. Voeg die Tikkakerri­e-cook & Coat-sous by die spinasieme­ngsel, voeg die hoender en room of klappermel­k by en verhit alles saam tot deurwarm.

Garneer die pan met koljanderb­lare en sit dit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa