Weg! Platteland

April se eiers

-

Moenie skrik vir die ansjovis óf roosmaryn nie – hierdie ryk resep uit April Bloomfield se boek A Girl and her Pig verhef die nederige eier-vir-ontbyt tot ’n lekkerte wat jou gaste nie gou sal vergeet nie. Ryk en lékker!

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 20 minute

JY BENODIG

• 2 eetlepels (30 ml) botter plus ekstra om te smeer • 1-2 knoffelhui­sies • 1 teelepel (5 ml) vars roosmarynb­laartjies • 3 ansjovisfi­lette, fyngekap • 6 eetlepels (90 ml) dik room • ½ teelepel (2,5 ml) fyngeraspe­rde suurlemoen­skil • 4 eiers • 4 knippies droë brandrissi­evlokkies • 4 knippies soutvlokki­es • 4 teelepels (20 ml) crème fraîche of roomkaas

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 200 ºc en smeer vier ramekinbak­kies met botter. Kap die knoffel en roosmarynb­laartjies saam tot dit baie fyn is. Verhit ’n pan oor matige hoë hitte, laat die botter smelt tot dit begin borrel, en voeg dan die knoffel en roosmaryn by. Roerbraai dit liggies, maar haal die pan van die plaat af sodra die knoffel liggies begin verbruin. Roer dan die fyngekapte ansjovis by.

Roer die room en suurlemoen­skil by en verhit dit weer tot die mengsel begin prut. Verdeel die roommengse­l tussen die 4 ramekins. Breek ’n eier in elkeen. Sprinkel brandrissi­evlokkies en sout oor en skep ’n teelepel (5 ml) crème fraîche bo-op elkeen.

Sit die ramekins in ’n oondbak waarin dit taamlik knus pas en gooi versigtig kookwater in die bak sodat dit teen die kante van die ramekins opkom tot omtrent dieselfde vlak as die room.

Bak dit vir 18-20 minute of tot die wit gestol het en die eiergeel nog loperig is – moenie dit te lank bak nie. Sit dit dadelik voor met roosterbro­od. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa