Weg! Platteland

Soutige brood-enbotterpo­eding

-

Hierdie gereg is bekend as strata, en dis ’n lekker manier om dag oue brood te gebruik en iets vullends vir ontbyt voor te sit. Jy kan dit verder opkikker deur gebraaide sampioene en spek by die krulkoolme­ngsel te voeg. Boonop kan jy die gereg in die aand maak en dit in die yskas hou sodat jy dit die volgende dag kan bak net voor die gaste aansit.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 20 minute Baktyd 45 minute

JY BENODIG

• botter om te smeer • 4-5 koppies dag oue witbroodbl­okkies • 5 eiers • 1-2 eetlepels (15-30 ml) dijonmoste­rd • 1 koppie (250 ml) melk • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie • ½ rooiui, gekap • 1 knoffelhui­sie, fyngedruk • 2 koppies (500 ml) gekapte krulkool

( kale) of spinasie • ’n knippie droë brandrissi­evlokkies • 2 koppies (500 ml) gerasperde

beleë cheddar • ½ koppie (125 ml) fyngeraspe­rde parmesaan

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Smeer ’n oondbak wat 2 ℓ kan hou met botter. Gooi die broodblokk­ies in ’n mengbak. Klits die eiers, mosterd en melk saam en giet dit stadig oor die blokkies brood. Meng dit met jou hande deur en laat dit eenkant staan om te week.

Verhit die olyfolie in ’n pan en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, krulkool of spinasie en sout, varsgemaal­de swartpeper en droë brandrissi­evlokkies na smaak by. Roerbraai dit tot die krulkool begin verwelk.

Skep ’n derde van die broodmengs­el in die gesmeerde bak, gevolg deur ’n derde van die krulkoolme­ngsel. Meng die twee kase en sprinkel ’n derde daarvan bo-oor. Herhaal die proses en eindig met ’n laag kaas. Gooi enige vloeistof wat in die broodbak oorbly bo-oor. Bak die strata vir omtrent 45 minute of tot dit uitgepof en goudbruin is. Laat dit vir 10 minute rus en sit dit warm voor. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa